Tiener wat glo moor, verkrag in hoërhof verhoor

AG maak beslissing bekend

21 January 2020 | Howe
Denver Kisting – ’n Tienerseun (15) van Rehoboth, wat in September 2018 na bewering ’n vriendin, me. Sarah Jagger (57), verkrag en vermoor het, het onlangs gehoor hy sal in die hoërhof verhoor word.

Naas verkragting en moord staar klagte van roof met verswarende omstandighede, die skending van ’n lyk, huisbraak met die doel om te steel, diefstal en twee van brandstigting die seun ook in die gesig.

Hy was 14 ten tyde van die beweerde voorvalle.

Volgens die akte van beskuldiging het die seun Jagger na bewering tussen 24 en 25 September daardie jaar by Bahnhof aan die buitewyke van Rehoboth vermoor.

Dít kom nadat hy haar glo by verskeie geleenthede oor dié twee dae verkrag het, lui adv. Martha Imalwa, die aanklaer-generaal (AG), se beslissing.

Die seun, wie se identiteit bekend is, maar weens sy minderjarigheid verswyg word, het Jagger glo ook tussen 24 en 25 September 2018 aangerand deur haar te gryp, haar liggaam te sleep en haar met ’n mes of skerp voorwerp toe te takel sodat hy ’n sak, een pakkie wors, twee pakkies vleis en twee liter drank by haar kon steel.

Dié goedere het aan haar en ene mnr. Paul van Rhyn behoort, lui die akte van beskuldiging.

Die tienerseun het Jagger glo ook met klippe gedreig toe hy haar na bewering beroof het.

Nadat die 15-jarige Jagger glo beroof, verkrag en vermoor het, het hy haar oorskot geskend deur haar voet af te sny en die oorskot met ’n skerp voorwerp toe te takel.

Hy het die voet na bewering in ’n plastieksak geplaas en ’n kilometer van die lyk af weggegooi.

In dieselfde tydperk het die tiener glo ook by ene mnr. Keith Swartz se sinkhuis ingebreek en nege lepels, twee vurke, ’n gasaansteker en ’n skroewedraaier gesteel.

Voorts het hy Swartz se huis na bewering aan die brand gesteek.

’n Bank, drie matrasse, vyf kussings, een ysterbed en een paar stewels is in dié brand vernietig.

Nadat die seun glo ’n ander sinkhuis, wat ook aan Swartz behoort het, ook aan die brand gesteek het, is ’n kombuiskas, ’n eetkamerstel, een tent, drie matrasse, drie kussings, drie komberse, een ysterbed, een mobiele toilet, een kampbed, vyf flitse, twee badkamerkassies, koppies, borde en tuingereedskap verwoes.

Op elk van die twee klagte van brandstigting staar ’n alternatiewe klag van kwaadwillige saakbeskadiging die seun in die gesig.

Kort ná die voorval, wat skokgolwe deur die Rehoboth-gemeenskap gestuur het, het Republikein berig die seun is deur sy oupa aan moederskant grootgemaak nadat sy ouers albei dood is toe hy nog ’n baba was.

Dié oupa het in die Rehoboth-landdroshof getuig hy was geskok oor die bewerings teen die seun ná hy hom “volgens Christelike beginsels in die vrese van die Here” grootgemaak het.

’n Bron na aan die ondersoek het gesê volgens die oupa het hy die kind “soos ’n hanslam grootgemaak” en het dit nie van die kind verwag nie.

Hy het skool glo net tot graad vier bygewoon.

’n Verhoordatum sal eersdaags bekend wees.

[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

11 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

11 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

11 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

11 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

11 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

11 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...

Grondonmin smeul op Tsumeb

11 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Die man wat hom midde-in ’n gronddebakel op Tsumeb in die Oshikotostreek bevind, mnr. Christo Groenewald, sê hy is moedeloos.As die regering...