Tiener in hof oor noodlottige ongeluk
Morné Mouton wat daarvan beskuldig word dat hy op 18-jarige ouderdom drie voetgangers in Julie 2015 doodgery het, het vanoggend vlugtig in die landdroshof in Windhoek voor landdros Vanessa Stanley verskyn. Tydens dié verskyning is die verhoordatums van Mouton se volgende verskyning in September bekendgemaak. Hy staan tereg op klagte van strafbare manslag, roekelose bestuur en bestuur met ’n alkoholvlak wat oor die toegelate minimum is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie