Tiener het baba glo uit jaloesie vermoor
Twee skokvoorvalle wat tienermeisies betrek het die afgelope week op Keetmanshoop plaasgevind.
Francoise Steynberg
'n Tienermeisie (16) gaan vandag in die landdroshof op Keetmanshoop verskyn nadat sy Dinsdag haar voormalige kêrel se babadogtertjie van een jaar en vyf maande glo vermoor het.
Die beskuldigde het die baba na bewering twee keer met 'n mes in haar maag gesteek. Die polisie vermoed dit was uit jaloesie.
Die voorval het tussen 15:00 en 16:00 in die Ileni- informele nedersetting in Tseiblaagte op Keetmanshoop plaasgevind waar die baba glo in haar ma se kamer geslaap het. Die baba se ma was glo gou by haar bure om iets te gaan haal.
Die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die //Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, het Woensdag aan Republikein gesê omdat die saak nog ondersoek word, sal die beskuldigde eers vandag in die landdroshof verskyn. Die baba is intussen as Cantell Mushosho geïdentifiseer, berig Nampa.
Intussen het die polisie gister bekend gemaak dat 'n 13-jarige leerling van die Sekondêre Skool JA Nel op Keetmanshoop selfmoord gepleeg het deur haarself te hang.
Caithly Seibes se liggaam is Dinsdagoggend omstreeks halfnege in haar ouerhuis op die plaas Bloemhof naby Tses gevind.
Volgens Mubebo is geen selfmoordnota op die toneel gelos nie.
Caithly was in graad 8.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie