Tien vermis ná gebou in duie stort
'n Agtverdiepinggebou in 'n laekostegebied van Nairobi het laat Maandagnag in duie gestort.
Minstens tien mense word vermis, het Keniaanse owerhede gister gesê.
Die polisie het traangas afgevuur nadat inwoners wat kwaad was oor die stadige ontplooiing van regeringsreddingswerkers, klippe begin gooi het wat soek- en reddingspogings vertraag het.
Die gebou was met 'n “X” gemerk wat beteken die Nasionale Konstruksieowerheid het dit as onbewoonbaar verklaar.
Die meeste van Nairobi se 4 miljoen inwoners woon in laekostegebiede en krotbuurte. Behuising is in hoë aanvraag en gewetenlose ontwikkelaars systap dikwels bouregulasies. Geboue wat in duie stort, is 'n algemene verskynsel in die land.
Nadat agt geboue in 2015 in duie gestort het en die lewe van 15 mense geëis het, het Kenia se pres. Uhuru Kenyatta opdrag gegee dat al die land se geboue geouditeer word om te sien of dit aan die boukode voldoen. Die Nasionale Konstruksieowerheid het bevind 58% van geboue in Nairobi is nie geskik vir bewoning nie.
– Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie