Tien topjoernaliste op glansaand bekroon

Gasspreker Safa al-Ahmad spoor joernaliste aan
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Tien van Namibië se voorste joernaliste is Donderdagaand tydens 'n glansgeleentheid deur die Redakteursforum van Namibië (EFN) vir uitnemende werk bekroon.

Dit is die eerste keer sedert 2010 toe die Media-instituut vir Suider-Afrika (Misa) joernaliste vir die laaste keer bekroon het dat joernaliste vanjaar weer hul beste werk kon inskryf en daarvoor beoordeel word.

Altesaam 96 inskrywings is van meer as 30 joernaliste ontvang, waarná 'n span van drie beoordelaars dit volgens vasgestelde kriteria beoordeel het. Hulle is die veteraanjoernalis Estelle de Bruyn, me. Emily Brown, senior lektor in kommunikasie aan die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) en mnr. Nevanji Madanhire van Zimbabwe, wat ook 'n dosent in joernalistiek is.

Die Joernalis van die Jaar-toekenning is deur Nomhle Kangooti van The Namibian ingepalm vir 'n hartroerende artikel oor die impak van hepatitis E in Windhoek se informele nedersettings. Hierdie kategorie is deur FNB Namibia geborg.

Die wenners in die ander 10 kategorieë was as volg:

Mathias Haufiku is as die top- ondersoekende joernalis aangewys met sy berig “Intelligence Extravangaza” vir The Patriot. Dit is deur die EFN geborg.

Namibia Media Holdings se ondersoekende joernalis, Catherine Sasman, het die prys gekry vir die beste landbou- en omgewingsberig vir haar artikels oor die onwettige oes van inheemse bome in die Kavango. Feedmaster het hierdie kategorie geborg.

Lazarus Amukeshe, Shinovene Immanuel en George Turner het die kategorie vir besigheid en innovering (ook geborg deur FNB Namibia) ingepalm met 'n gesamentlike berig oor belastingontwyking deur die Langer Heinrich-myn.

Tuyeimo Haidula van The Nami­bian het in twee kategorieë, gemeen­skapsjoernalistiek en gesondheid en maatskaplike welsyn, gewen. Die kategorieë is deur die Namibia Broadcasters' Network (NCBN) en DW Akademie, asook deur Geka Pharma geborg.

Jana-Mari Smith van Namibian Sun het die prys vir beste onderwysjoer­nalistiek gewen, wat deur Nictus geborg is.

Dit was vir 'n berig getiteld “Free your mind through work”.

Die wenner van die beste potgooi-inskrywing was 99 FM se Kristy Watermeyer. Die kategorie is ook deur die EFN geborg.

One Africa Television se Isai Sipunga het die kategorie vir video­grafie, geborg deur die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran), gewen.

Hesron Kapanga van Nampa se foto-inskrywing van die verspring­atleet Sandro Diergaardt in aksie het aan hom die prys vir beste fotojoernalistiek besorg. Dit is deur Cecil Nurse Office Furniture geborg.

Sheefeni Nicodemus van The Namibian is as die beste sportjoernalis bekroon vir sy berig “Cosafa triggers NFA 'confessions'” – 'n kategorie wat deur Engen Namibia geborg is.

Die gasspreker by die geleentheid was die veelbekroonde Saoedi-Arabiese ondersoekende joernalis en filmmaker Safa al-Ahmad.

Sy het nou met die vermoorde Jamal Khashoggi saamgewerk.

Die EFN het 'n afskrif van die Windhoek-deklarasie, wat sy oorsprong byna 30 jaar gelede in Windhoek gehad het, postuum aan Kha­shoggi toegeken en Al-Ahmad het dit namens hom ontvang. Dit is deur die veteraan- ondersoekende joernalis en uitvoerende direkteur van die Namibia Media Trust, Gwen Lister, oorhandig. Sy was destyds instrumenteel in die opstel van dié deklarasie.

Al-Ahmad het gesê Khashoggi se dood het vir haar gewys “onderdrukkende, korrupte regerings” vrees joer­naliste.

“Ons is magtig. Ek dink ons vergeet dit. Joernalistiek wat reg gedoen word, kan regerings omverwerp; dit kan gemeenskappe verander.

“Ons as joernaliste kan beter doen. Ons móét beter doen,” was haar kragtige boodskap.

* Die koste van die dinee is deur FNB Namibia, Ohlthaver & List en die Namibia Media Trust geborg met bykomende borgskappe deur The Windhoek Collection, Komnick & Frank, John Meinert Printing en Gondwana Collection.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%