Tien sterftes, 246 nuwe gevalle
Tien sterftes, 246 nuwe gevalle

Tien sterftes, 246 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië skiet met tien - vyf in Windhoek, drie in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Otjiwarongo en Gobabis - op tot 733. Vandag is 246 nuwe gevalle aangemeld waarvan 26 leerlinge, tien studente en 15 gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 2 447 waarvan 216 in die hospitaal en 56 in die ICU is. Tot op hede het 48 445 (94%) herstel en is 53 578 mense teen Covid-19 ingeënt.

Tans is 1 039 mense in kwarantyn en 2 739 kontakte word gemonitor.

Kommentaar

Republikein 2026-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer