Tien soldate dood in bomontploffings
Egipte
Tien lede van Egipte se veiligheidsmagte is dood toe bomontploffings hul voertuie in die sentraal Sinai-gebied geteiken het, het ‘n militêre woordvoerder gister gesê. Die aanval het tydens ‘n operasie plaasgevind wat gebiede geteiken het wat die weermag as “terroriste-basisse” beskryf het.
Volgens die woordvoerder het veiligheidsmagte 15 verdagtes doodgeskiet en 7 in hegtenis geneem. Hulle het ook ‘n halwe ton TNT-plofstof gevind en vernietig en twee vierwielaangedrewe voertuie gekonfiskeer waarin handgranate en honderde selfone gevind is.- Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie