Tien mense doen voedselvergiftiging in Kunene op
Opuwo
Tien mense is op Kersdag vir voedselvergiftiging in die Opuwo-staatshospitaal behandel.
Die Kunenestreek se gesondheidsinspekteur, me. Barbara Kahiha, het aan Nampa gesê vier mense het onlangs in die Okorosave-nedersetting siek geword nadat hulle hoender van 'n bekende franchise geëet het wat vir 'n paar dae in 'n plastieksak gehou is. Ses ander mense het na bewering ook siek geword nadat hulle die vorige dag op Opuwo hoender van dieselfde franchise geëet het wat nie meer vars was nie.
Okorosave is ongeveer 25 kilometer van die streek se hoofstad, Opuwo, geleë.
Al die slagoffers is na wat berig word weer gesond en uit die hospitaal ontslaan. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie