Tian Meyer voer Cheetahs in Buenos Aires aan
Rugby
Owen Kock
Die Cheetahs het nege veranderinge, waarvan een posisioneel, aan hul beginspan gemaak vir môre se Superrugbystryd teen die Jaguares in Buenos Aires.
Rayno Benjamin keer terug op regtervleuel om plek te maak vir Michael van der Spuy op buitesenter.
Van der Spuy sal in sy eerste Superwedstryd vanjaar speel nadat hy van harsingskudding herstel het.
Ruan van Rensburg is die regtervleuel in die plek van die beseerde Raymond Rhule, terwyl Niel Marais op losskakel begin in die plek van Fred Zeilinga, wat 'n plaasvervanger is.
Voorlangs het die breier, Franco Smith, 'n nuwe voorry gekies, met Danie Mienie, Elandré Huggett en Tom Botha wat speel in die plek van Charles Marais, Torsten van Jaarsveld en Aranos Coetzee. Marais en Coetzee is op die plaasvervangerbank en Van Jaarsveld, wat die span in die eerste drie wedstryde gelei het, het las van 'n enkel.
Skrumskakel Tian Meyer sal die span aanvoer.
Verder vervang die slot Armandt Koster vir Justin Basson, wat tuis gebly het. Henco Venter is gekies in die plek van Tier Schoeman (plaasvervanger).
Wat die bank betref, kry Joseph Dweba (haker) sy kans, met Van Jaarsveld wat 'n blaaskans kry; die slot Carl Wegner sal sy eerste Superwedstryd van dié reeks speel nadat hy van 'n nekbesering herstel het en Shaun Venter (skrumskakel, dyspier) kan ook vir die eerste keer vanjaar opdraf.
Dan kan die senter William Small-Smith, wat van 'n gebreekte hand herstel het, moontlik sy eerste wedstryd speel, mits hy 'n fiksheidstoets slaag. Andersins sal sy plek op die bank deur die losvoorspeler Boom Prinsloo ingeneem word.
Die Cheetahs se span is: Clayton Blommetjies, Rayno Benjamin, Michael van der Spuy, Clinton Swart, Ruan van Rensburg, Niel Marais, Tian Meyer (k), Niell Jordaan, Oupa Mohoje, Henco Venter, Francois Uys, Armandt Koster, Tom Botha, Elandré Huggett, Danie Mienie.
Reserwes: Joseph Dweba, Charles Marais, Aranos Coetzee, Carl Wegner, Tier Schoeman, William Small-Smith/Boom Prinsloo, Shaun Venter, Fred Zeilinga.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie