Thompson afwesig, verbeur sy borgtog
Rugby
Andrew Poolman - 'n Lasbrief vir die inhegtenisneming van die voormalige rugby-afrigter Roger Thompson is met onmiddellike effek uitgereik nadat hy Vrydagoggend nie by sy hofverskyning opgedaag het nie.
Thompson (36) staan tereg op inbraak met die voorneme om te steel, asook twee afsonderlike klagte van die gebruik van 'n motorvoertuig sonder die eienaar se toestemming.
Tydens sy vorige verskyning in Julie was Thompson asook mnr. Vetumbuavi Uanivi, wat intussen as sy regsverteenwoordiger onttrek het, ook nie teenwoordig nie, maar laasgenoemde het destyds 'n mediese sertifikaat ingedien wat aangedui het dat die beskuldigde hom in die Wes-Kaap vir behandeling bevind.
Vrydagoggend het landdros Ilge Rheent dus die bestaande lasbrief vir inhegtenisneming van krag gemaak. Die borgtog van N$2 000 is voorlopig aan die staat verbeurd verklaar, totdat 'n finale besluit hieroor op 1 November in die hof geneem sal word.
Hoewel Thompson se naam boaan die volgorde van verskynings in die Windhoekse landdroshof was, is hy eers om elfuur uitgeroep, maar daar was van nege-uur af reeds geen teken van hom nie.
Tydens 'n vlugtige telefoongesprek het sy pa, Robbie, aan die koerant gesê dat Roger wel aangedui het dat hy in die hof sou wees, maar dat hy nie wou hê sy ouers moes teenwoordig wees nie.
Thompson, 'n voormalige Namibiese rugbyspeler in tien toetse, was ook die verdedigingsafrigter van die 2015 Wêreldbekerspan en bestuurder van die hoëprestasie-program van die nasionale rugby-akademie. Hy het in 2014 hulpafrigter van Namibië se o.20-span geword en was vir die volgende drie-en-'n-half seisoene die hoofafrigter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie