Theron-span behou Vasbyt-titel op Walvisbaai
Motorsport
Otis Finck - Nico Theron Junior en Herman Theron Junior het as die algehele wenspan na vore getree ná afloop van tien uitdagende skofte van die Walvisbaai 4x4 Vasbyt die afgelope Saterdag by Duin 7.
Dieselfde drywer en navigator het verlede jaar ook dié byeenkoms gewen.
Nico en Herman het deurgaans die pas aangegee en het die C-klas oorheers in hul 90-reeks Land Rover wat voor en agter met “diff locks” toegerus is.
Die twee het die maksimum punte (60) by agt uit die tien hindernisse aangeteken en het die dag met 580 punte afgesluit.
Rico Bothma en Dolf Bothma het algeheel tweede met 560 punte in 'n Range Rover met 'n 4.3 liter V8 enjon klaargemaak.
Jaco Oberholzer en Armand Storbeck het die B-klas ingepalm in hul pypkar wat met 'n Land Cuiser se onderstel en 'n V8 Lexus-enjin toegerus is.
Laasgenoemde twee het die algehele derde plek gedeel met Hanjo en Kristie Horn in “Black Betty”, 'n gemodifiseerde Willys Jeep toegerus met 'n Lexus-enjin. Beide spanne het op 530 punte geëindig.
Die pa-en-seun-span Floris Steenkamp junior en senior se 200 punte was genoeg om die A-klas in hul standaard Willys Jeep te wen.
• Nog twee Vasbyt-byeenkomste bly op die plaaslike kalender oor. Die eerste is op 6 Oktober in Windhoek, voor die tradisionele vakansiebyeenkoms op 29 Desember by Duin 7 naby Walvisbaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie