The Mummy - die skrik van Afrika
“The Mummy is going to scare the s... out of you.”
Dié waarskuwing van die skrikmaker wat Namibië toe kom, kom van Russel Crowe, saam met Tom Cruise in een van die hoofrolle van die gilfliek wat van 20 Julie tot 15 Augustus in die Erongostreek verfilm gaan word.
Ná Beyond Borders met Angelina Jolie in ’n hoofrol en Flight of the Phoenix, ’n vernuwing van die oorspronklike rolprent onder dieselfde naam, asook Mad Max 4: Fury Road, die pasbekroonde prent in die Mad Max-reeks, is dit die volgende grote wat Namibië toe kom.
Verfilming van The Mummy het reeds in Oxford in Engeland begin. Dit is die soveelste vernuwing van die oorspronklike The Mummy wat reeds sowat 80 jaar gelede met die begin van die prentnywerheid kykers se hare laat rys het.
Intussen word op Swakopmund beweer dat die Rössingberg en sy omgewing soos in die geval van Beyond Borders die basis van The Mummy gaan wees. Dit is ’n landskap van klip en sand, ’n terrein waar ’n fiktiewe terugkeer uit die doderyk nageboots kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie