Texas-klub lok ysterflank Conradie
Rugby
Die 25-jarige Namibiese flank Wian Conradie is vandeesweek bekendgestel as die mees hoëprofiel aanwins vir die Dallas Jackals, wat in die Amerikaanse Major League Rugby meeding.
Die geharde losvoorspeler het vroeër vanjaar sy fokus op 'n voltydse professionele rugbyloopbaan gerig, nadat hy sy studies aan die Universiteit van Johannesburg en Noordwes-universiteit voltooi het. In dié tyd was hy vir beide spanne 'n staatmaker in die afgelope klompie Varsitybeker-seisoene.
Sy eerste beroepskontrak was vanjaar by die Engelse klub Doncaster Knights, waar die seisoen egter voortydig deur die aankoms van die coronavirus onderbreek is.
Die gebore Windhoeker se 19 toetse vir Namibië sluit die Wêreldbekers van 2015 en 2019 in.
In Desember is hy as die Namibiese toetsspelers se Speler van die Jaar vir 2019 vereer, gesamentlik met die slot Tjiuee Uanivi.
Volgens die webblad djcoilrugby.com het Conradie in sy reaksie gesê om in Amerika te gaan rugby speel, was 'n lewenslange droom.
“Die afrigter, Allen Clarke, se doelwitte vir die klub as geheel en vir my as individu het my regtig geraak. Ek is opgewonde om deel van so 'n professionele klubstruktuur te word.”
Benewens die Namibiër is die senter Chad London (31), 'n gebore Johannesburger wat tevore in ses toetse vir die VSA se nasionale span die Eagles gespeel het, die ander hoëprofiel aanwins vir die Dallas Jackals, tesame met die keur van spelers wat uit die Amerikaanse universiteitestruktuur raakgesien is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie