Tewaterlating van diamantskip

Augetto Graig
Debmarine Namibia se diamantskip, bekend as die AMV3, is amptelik vanaf die Damen-skeepswerf in Mangalia in Roemenië te water gelaat. Volgens dié mynmaatskappy se woordvoerder, me. Anna Ikela, is die 177 meter lange skip nou die grootste in Debmarine se vloot. “Noudat die N$7 miljard-vaartuig in die water is, gaan hy sy nooiensvaart na Kaapstad onderneem, waar die toerusting vir sy diepsee-aktiwiteite geïnstalleer sal word. Om die toerusting te monteer sal ongeveer sewe maande duur en die vaartuig sal deur seeproewe gaan voor dit uiteindelik teen Februarie 2022 by Debmarine Namibia se vloot aansluit om met diamantherwinning te begin,” sê sy. foto Debmarine namibia

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer