Terugslag vir Uber
Dié maatskappy sê hy is bloot 'n digitale app wat as tussenganger dien tussen bestuurders en individue wat 'n rit soek, hoewel die teenoorgestelde in die hof beslis is.
Die metertaxidiens Uber is Woensdag 'n slag in die hof van die Europese Unie (EU) toegedien toe beslis is dit is wel 'n taxidiens en kan as sulks hanteer word. Dié stap beteken Uber gaan aan bepaalde reëls en regulasies moet voldoen in al die Europese lande waar hy tans sake doen. “Die diens wat Uber bied om individue met nie-professionele bestuurders te verbind val onder vervoerdienste,” het die hof gesê.
“Lidlande kan daarom die omstandighede rondom die bied van hierdie diens reguleer.” Uber, wat ses jaar gelede met sy bedrywighede begin het, stamp al 'n geruime tyd kop met reguleerders in Europa. Die maatskappy hou voet by stuk dis bloot 'n digitale app wat as tussenganger dien tussen bestuurders en individue wat 'n rit soek. Die hof het egter nou die teenoorgestelde beslis en bepaal Uber bied wel 'n logistieke eerder as bloot digitale diens. Die saak spruit uit 'n klag van 'n taxivereniging in Barcelona wat aangevoer het Uber se bedrywighede in Spanje kom neer op onregverdige handelspraktyke, spesifiek Uber se UberPOP-diens. Dié diens behels dat diensverskaffers nie lisensies as professionele bestuurders hoef te hê nie.
Geen onmiddellike uitwerking
Die hofbeslissing gaan nie noodwendig 'n onmiddellike uitwerking hê op hoe Uber in Europa sake doen nie, maar dit beteken wel hulle gaan onderhewig wees aan die strenger regulasies waaraan vervoerdienste moet voldoen.
Uber het self sy UberPOP-diens in die meeste Europese stede opgeskort voor Woensdag se uitspraak.
“Soos ons nuwe uitvoerende hoof gesê het, is dit gepas dat dienste soos Uber gereguleer word en daarom sal ons die gesprek met stede oor Europa volhou,” het 'n woordvoerder van die maatskappy in 'n verklaring gesê. “Dit is die benadering wat ons sal neem om te verseker dat almal met die druk van 'n knoppie 'n betroubare rit kry.”
Dié Amerikaanse maatskappy is egter steeds gewikkel in 'n regsgeding rakende sy reg om in Londen, een van die grootste stede in Europa, sake te doen.
- Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie