Terug hok toe vir leerlinge
Henriette Lamprecht - Leerlinge keer in Junie oraloor in die land geleidelik terug na die skoolbanke.
Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, keer graad 11- en 12-leerlinge in fase 1 op 3 Junie terug skool toe.
Dié groepe word in fase 2 gevolg deur pre-primêre tot graad 3-leerlinge op 22 Junie, graad 7- en 9-leerlinge in fase 3 op 6 Julie en laastens die terugkeer van grade 4, 5, 6, 8 en 10 gedurende fase 4 op 20 Julie.
Vanjaar se akademiese jaar eindig op 18 Desember ongeag wanneer ’n betrokke graad weer na die skoolbanke teruggekeer het.
Die midtermynbreek vir onderwysers is van 22 tot 29 Mei. Onderwysers keer weer op 1 Junie na skole terug.
Volgens Steenkamp sal die hersiende skoolkalender met ministeriële riglyne oor die heropening van skole in ’n later stadium uitgestuur word.
Sy het beklemtoon die ministerie, streeksdirektorate, skole, ouers, rolspelers en die gemeenskap sal alle hulpbronne tot hul beskikking gebruik om te verseker die veiligheid van kinders by skole is ’n prioriteit.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie