Terreuraanvalle in Frankryk gefnuik
''n Polisieondersoek in Frankryk het ''n komplot deur terroriste om aanvalle in die land van stapel te stuur, aan die kaak gestel en tot die inhegtenisneming van sewe verdagtes gelei.
''n Reeks arrestasies in Junie en verlede Sondag het ''n einde aan ''n komplot gemaak “en ons toegelaat om ''n terroristedaad te fnuik wat vir ''n lang tyd op ons grondgebied beplan is”, het Bernard Cazeneuve, Frankryk se minister van binnelandse sake, aan verslaggewers in Parys gesê.
''n Noodtoestand bly in Frankryk van krag ná die dodelike aanvalle deur die Islamitiese Staat-groep (IS) in Parys verlede jaar.
Die verdagtes wou glo aanvanklik die Euro 2016-sokkertoernooi vroeër vanjaar geteiken het, maar het later op ''n ander teiken, moontlik in Parys of Marseille, gefokus.
Die inhegtenisnemings in Junie het mense geteiken wat die komplot gefinansier het terwyl Sondag se inhegtenisnemings die operasionele span geteiken het. Albei groepe het in opdrag van ''n bevelvoerder in Sirië opgetree.
Beslag is ook op wapens in Sondag se klopjagte gelê.
Cazeneuve sê ondersoekbeamptes stel nou vas of die afgeweerde aanval deel van ''n groter komplot was om veelvuldige teikens gelyktydig aan te val.
Vyf van die verdagtes is Frans, een is ''n Marokkaan en een is van Afganistan. Hulle is tussen die ouderdomme van 29 en 37 jaar, het ''n veiligheidwoordvoerder gesê.
Die Marokkaan het klaarblyklik in Portugal gewoon. Die Portugese polisie het Maandag gesê hulle het Europese owerhede ingelig oor ''n Marokkaan wat in Aveiro in die noorde van Portugal gewoon het, en gewaarsku dat hy deel van ''n terreurgroep is.
Die polisie het in ''n verklaring gesê hulle hou hom sedert 2015 dop en hy is onder diegene wat die naweek deur die Franse polisie aangehou is.
Die inhegtenisnemings het inwoners van Straatsburg op hul senuwees omdat dit skaars vyf dae voor die stad se bekende Kersmark, wat toeriste van oral in Europa lok, plaasgevind het.
Die mark was in 2000 die teiken van ''n mislukte Algerynse en Franse militante aanval.– Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie