'Tendervoorwaardes Afrikabank se vereistes'
Daar is nie lig in die tonnel vir die plaaslike konstruksiebedryf om vir groot vervoertenders in aanmerking te kom nie.
Ronelle Rademeyer - Die versoek aan die ministerie van werke en vervoer om die sluitingsdatum vir die twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard vir pad- en spoorprojekte tot 30 November uit te stel, gaan plaaslike konstruksiemaatskappye niks in die sak bring nie.
Die rede daarvoor is dat die buitensporige tendervoorwaardes waaraan konstruksiemaatskappye moet voldoen om te kwalifiseer, nie gewysig sal kan word nie, het mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, gister by navraag verduidelik.
Die Federasie vir die Konstruksiebedrywe van Namibië (CIF) het onlangs in 'n verklaring gesê die huidige verkryging- en tendervereistes is so hoog dat plaaslike konstruksiemaatskappye nié sal baat by die leningshulp van die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) en die voorgenome Chinese lenings nie.
Dit beteken die tendertafel is net vir buitelandse kontruksiereuse gedek.
Die CIF het in die lig hiervan die regering versoek om die sluitingsdatums van onderskeidelik 10 en 12 Oktober te verleng en die voorwaardes te wysig om die speelveld meer gelyk te maak.
Mutorwa, wat tans in die hospitaal aansterk ná 'n operasie, het bevestig dat hy op 9 Oktober 'n brief in dié verband van die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, ontvang het.
voorwaardes
“Die projekte word deur lenings van die Afrika-ontwikkelingsbank gefinansier en die voorwaardes word deur dié bank gestel. Die ministerie kan dit nie wysig nie, al wil ons ook,” het Mutorwa verduidelik.
Dokumentasie wat op 3 September deur die AfDB en die Paaieowerheid (RA) vrygestel is vir fase 2A van die lughawe-snelweg wat strek vanaf die kruising in Sam Nujomarylaan tot by die Dordabis-kruising, stippel die voorvereistes uit waaraan konstruksiemaatskappye moet voldoen.
Dit behels dat die belangstellende konstruksiemaatskappye 'n kontantvloei van meer as N$130 miljoen oor die afgelope vyf jaar moes handhaaf en hul jaarlikse omset oor dié tyd meer as N$800 miljoen moes wees.
Al vereiste in terme van nasionaliteit is dat die maatskappye in Namibië geregistreer moet wees, maar vennootskappe met plaaslike konstruksiemaatskappye word nie as voorvereiste gestel nie.
Die voorwaardes vir die opgradering van die spoorlyn tussen Walvisbaai en Kranzberg is effe laer, maar volgens 'n bron in die plaaslike konstruksiebedryf steeds net vir buitelandse maatskappye moontlik. Dié dokumentasie is op 29 Augustus deur die ministerie van werke en vervoer vrygestel, en vereis omset van ten minste N$54 miljoen per maand oor die afgelope vyf jaar en 'n jaarlikse omset van meer as N$600 miljoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie