Tenderstormloop vir droogtevoer
Tenderstormloop vir droogtevoer

Tenderstormloop vir droogtevoer

Tenderpreneurs val oor hul voete om droogtevoer vir ’n regeringstender by vervaardigers te kry.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Altesaam 127 verskaffers het aangedui hulle wil tender om van vandeesmaand tot Desember maandeliks 35 000 sakke veevoer en net soveel bale ruvoer aan die goewerneurs in die streke te lewer.

Dit is in totaal 420 000 sakke en bale droogtevoer oor die volgende ses maande.

Net ’n handjie vol van hierdie voornemende tenderaars is bekende verskaffers in die landboubedryf, blyk dit uit die lys van 127 voornemende tenderaars wat in die nuutste uitgawe van die Tender Bulletin verskyn.

Die sluitingsdatum waarop verskaffers moes aandui of hulle belangstel om te tender (EOI), was 18 Junie.

Volgens ’n ingeligte bron het tenderpreneurs die bekende veevoerhandelaars in die land oorval met navrae oor die beskikbare produkte en wat dit kos. Daar is selfs boumaatskappye, siviele ingenieursmaatskappye en supermarkte wat belangstel om te tender.

Dit was die eerste van net twee openbare tenders wat geadverteer is as deel van die regering se beloofde sowat N$573 miljoen-noodleniging om verligting aan boere te verskaf tydens die ergste droogte in menseheugenis in die land.

Dié hulp, wat deur die ministerie van landbou, water en bosbou geadministreer word, sluit die voorsiening van water met watertenkwaens, die rehabilitasie en installasie van boorgate, bemarkingsaansporingsmaatreëls vir veeboere, veevoer vir kernkuddes en gesubsidieerde vervoer van vee na noodweidingsgebiede in.

Volgens die tenderkennisgewing vir die verskaffing van hierdie veevoer moet die voornemende tenderaar 100% Namibies wees, of een van die vennote in ’n gesamentlike onderneming (JV) moet 100% Namibies wees.

Verder moet die veevoere wat hulle lewer, ingevolge artikel 36 van die wet op kunsmis, plaasvoere en landboumiddels geregistreer wees.

Dit mag nie diereproteïen en groeihormone bevat nie en dit moet vir beeste, skape én bokke geskik wees.

Die ander vereiste is dit moet in 50 kg-sakke gelewer word en die bale ruvoer moet 20 kg weeg.

Mnr. Piet Gouws, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), sê die beskikbaarheid van kragvoer en ruvoer is reeds “’n enorme probleem” in die land.

Feedmaster, Namibië se grootste veevoervervaardiger, het by navraag die versekering gegee sy eerste prioriteit is om voer te lewer aan bestaande kliënte wie se bestellings al tot in Oktober vooruit geskeduleer is.

Mnr. Christo du Plessis, bemarkingsbestuurder, sê Feedmaster het self ook ’n EOI ingedien, maar sal dit nie uit sy huidige kapasiteit voorsien sou hy die tender kry nie.

Mnr. Jaco Labuschagne, die hoofbestuurder, sê reëlings is getref met veevoervervaardigers in die winterreënvalstreek in Suid-Afrika om vir Feedmaster kontrakvervaardiging te doen. Dié kapasiteit beloop 1 500 ton per maand.

Kommentaar

Republikein 2024-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 10° | 29° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 9° | 30° Oshakati: 10° | 27° Ruacana: 11° | 28° Tsumeb: 12° | 26° Otjiwarongo: 7° | 25° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 7° | 22° Gobabis: 7° | 25° Henties Bay: 12° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:13, High tide: 12:38, Low Tide: 18:13, High tide: 00:42 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:36, Low Tide: 18:11, High tide: 00:40 Walvis Bay: 13° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:35, Low Tide: 18:11, High tide: 00:39 Rehoboth: 7° | 24° Mariental: 9° | 25° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 6° | 25° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 7° | 20° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 20° | 23° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 9° | 28° Mbabane: 10° | 26° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 12° | 26° Maputo: 15° | 29° Windhoek: 7° | 22° Cape Town: 13° | 17° Durban: 15° | 28° Johannesburg: 11° | 20° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 12° | 27° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.5 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.38 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.34/OZ DOWN -0.0037 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0159 | Zinc US$ 2 809.40/T UP 0.28% | Brent Crude Oil US$ 82.73/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 948.17/OZ DOWN -0.0082 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 10° | 29° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 9° | 30° Oshakati: 10° | 27° Ruacana: 11° | 28° Tsumeb: 12° | 26° Otjiwarongo: 7° | 25° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 7° | 22° Gobabis: 7° | 25° Henties Bay: 12° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:13, High tide: 12:38, Low Tide: 18:13, High tide: 00:42 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:36, Low Tide: 18:11, High tide: 00:40 Walvis Bay: 13° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:35, Low Tide: 18:11, High tide: 00:39 Rehoboth: 7° | 24° Mariental: 9° | 25° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 6° | 25° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 7° | 20° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 20° | 23° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 9° | 28° Mbabane: 10° | 26° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 12° | 26° Maputo: 15° | 29° Windhoek: 7° | 22° Cape Town: 13° | 17° Durban: 15° | 28° Johannesburg: 11° | 20° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 12° | 27° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.5 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.38 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.34/OZ DOWN -0.0037 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0159 | Zinc US$ 2 809.40/T UP 0.28% | Brent Crude Oil US$ 82.73/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 948.17/OZ DOWN -0.0082