Tenders vir koshuise teruggestuur
'n Miljarddollartender om voedsel aan regeringskole se koshuise te verskaf, sloer sedert Junie 2020.
Augetto Graig – Die tender om kos vir skolekoshuise landswyd te voorsien, is deur die openbare verkrygingshersieningspaneel van die ministerie van finansies na die sentrale verkrygingsraad teruggestuur.
Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, beteken dit daar moet ook weer by die verkryingsraad toestemming gekry word om die bestaande kontrakte te hernu. Die kosvoorsieningskontrakte kom op 31 Maart 2021 tot 'n einde.
Volgens 2020-statistiek kon Steenkamp toon dat die regering 1 920 skole onderhou, met 244 koshuise insluitend 84 koshuise vir laerskole en 19 met fasiliteite vir kinders met spesiale behoeftes.
Uit 804 079 leerlinge was 60 937 laas jaar in 'n regeringskoshuis, waar 3 989 onderwysbeamptes ook gewoon het. Die ministerie bestee jaarliks sowat 'n halwe miljard aan voedselaankope vir koshuise, sê sy.
Die hersieningspaneel het besluit die toekenning van die N$3,5 miljard tender moet herevalueer word. Die tendertoekennings is hersien nadat elf van die oorspronklike aansoekers daarteen beswaar aangeteken het. Die massiewe tender is aanvanklik in Junie 2020 uitgereik en die oorspronklike sperdatum is later tot 9 September 2020 verleng.
Die verkrygingsraad het altesaam 96 tenderaanbiedinge ontvang en het op 22 Februarie nege aansoekers goedgekeur.
Die tenderaars is James and Young Trading Enterprises vir die Omahekestreek; Beva Investments vir Otjozondjupa; Sash Trading and Earthworks vir die Oshana- en Oshikotostreke; Ndakalimwe Investments vir Ohangwena; Tuthikameni Pamwe Investments vir Erongo en Kunene; Future Fresh Super Market vir Khomas; Om'kwana Caterer vir Omusati; Stream Two Properties vir Zambezi en beide Kavango-Oos en -Wes, asook Fundamental Trading Enterprises vir Hardap en ||Kharas.
Volgens die hersieningspaneel se beslissing 'n week gelede moet die verkryingsraad die toekenning van die tenders herevalueer in terme van onder meer Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) klaringsertifikate, Namibiese eienaarskap en die voorsiening van stoorfasiliteite en pakhuise.
Herevaluering moet steeds streng volgens die aanvanklike instruksies aan tenderaars gedoen word en is beperk tot die aansoekers wat skriftelik tot die verlengde bieproses ingestem het.
Spesifieke kwessies uitgelig deur die aansoekers wat nie aanvanklik suksesvol was nie, sluit in dat dele van die tender is wel aan Tuthikameni Pamwe Investments en Fundamental Trading Enterprises toegeken is, hoewel beide geen bewyse van pakhuis- en stoorfasiliteite ingedien het nie, wat 'n noodsaaklike vereiste in die tender was.
Ander klagte was dat die verkrygingsraad die sperdatums van SSC-klaringsertifikate in ag geneem het hoewel dit nie in die instruksies vir tenderaars so uiteengesit is nie.
Die raad het glo ook ander kriteria toegepas om aansoekers te diskwalifiseer, wat ook nie in die instruksies aangedui is nie.
Nog 'n kwessie was die betrokkenheid van mnr. Johannes Neputa as rekenmeester vir vier van die nege goedgekeurde aansoekers, terwyl hy ook self as die eienaar van Om 'kwana Caterer die tender gewen het. Daar was egter nie genoeg bewyse om enige vuilspel te bevestig nie en dié beswaar is laat vaar.
Die verkryingsraad het nou tot 17 April om die herevaluering te voltooi, of sal vir 'n verdere verlenging aansoek moet doen as die taak nie binne hierdie tydperk afgehandel word nie.
Intussen doen Steenkamp 'n beroep op ouers om eerlik te wees oor die nodigheid om hul kinders in koshuise te plaas, omdat koshuise die grootste deel van die ministerie se bedryfsbegroting kos.
“Vanaf volgende jaar sal ons veel strenger moet wees. Koshuise is bedoel vir benadeelde kinders wat meer as 5 km skool toe sou stap, of spesiale gevalle wat deur welsynswerkers verwys word. Ouers moet dan ook koshuisfooie betaal en bydra waar hulle kan tot die koshuis se instandhouding,” sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie