Tenderraad sê hy 'trek nie Chinese voor'

Uitdagings erken

07 May 2019 | Regering
Catherine Sasman - Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) het ­onlangse berigte ontken waarvolgens hy Chinese maatskappye bo plaaslike kontrakteurs in die toekenning van tenders verkies.

Die raad het onlangs twee ­kontrakte vir bouwerk by die Valombola- en ­Nakayale-opleidingsentrums aan 'n vennootskap tussen Africa Civil Engineering CC en China State ­Construction Engineering toegeken.

Die kontrakte is onderskeidelik N$27,7 miljoen en N$37,8 miljoen werd.

Dit is onder luide protes van Namibiërs begroet, wat glo plaaslike maat­skappye moet hierdie kontrakte kry.

Die verkrygingsraad het gesê dié tenders is op aanbeveling van twee onafhanklike bod-evaluerings­komitees toegeken.

Volgens die raad was dié vennoot­skap die “laagste geëvalueerde ­betekenisvol deelnemende aanbod”.

“Die raad het die uitkoms van die proses hersien en besluit om ­openbare entiteite te nader om van 'n ope, nasionale bie-proses gebruik te maak, veral van artikel 29(a) van die verkrygingswet.

“Dié artikel beperk deelname sover moontlik tot Namibiese burgers,” het die raad in 'n verklaring gesê.



Tekort aan vaardighede en leierskap

Die raad het ook teruggekap teen ­bewerings dat hy 'n tekort aan ­ervaring en leierskap het.

Hy het gesê hy handel die werwing van tegniese kenners af, en het erken hy ervaar verskeie uitdagings, aan­gesien die verkrygingswet steeds nuut vir almal is.

Die Sentrale Verkrygingsraad sê hy is nie 'n gewone raad wat slegs vier tot ses keer 'n jaar vergader nie, maar vergader minstens vier keer 'n maand of meer.

Hy ontken ook beweringe dat hy “verlam” en “disfunksioneel” is weens vertragings wat die verkrygings­proses uitrek.

Die raad sê vertragings word veroorsaak deur faktore soos die standaardbie-dokumente wat deur die verkrygingsbeleid-eenheid ontwerp is as generiese bie-dokumente per verkrygingskategorie, sowel as deur die inter­pretasie van die verkrygingswet, die tekort aan verkrygings­personeel by openbare entiteite en hul ­vermoëns.



Personeelsake

Die CPBN sê hy het in Julie laas jaar opdrag van die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, ontvang om 'n sekuriteitsklaringsproses te voltooi voor enige werknemer permanent aangestel word.

Poste is geadverteer, onderhoude is gevoer en die uitslae van die klaringsproses word verwag voor aanstellings afgehandel word.

Boonop kon die verlenging van ­vastetermynkontrakte, wat einde Maart verstryk het, nie oorweeg word nie.



Geen binnegevegte

Die Verkrygingsraad het ook beswaar gemaak oor bewerings van binne­gevegte onder uitvoerende lede van sy span. Die raad sê lede verskil van mening en metodes, hoewel dit nie tot verdeeldheid in die raad lei nie.

Die raad het vanjaar al 43 tenders goedgekeur.

Soortgelyk

 

Hanse-Himarwa se getuienis vals, sê hof

4 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Nadat die hof al die getuienis in ag geneem het, is die enigste gevolgtrekking die staat het bo redelike twyfel bewys Katrina...

Katrina se toekoms duister

4 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Teen gistermiddag was pres. Hage Geingob nog stil oor een van sy kabinetsministers wat aan korrupsie skuldig bevind is.Katrina Hanse-Himarwa, die minister...

Jessné struts her stuff

4 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Even though Jessné Swart is only in grade 5, she has already made a name for herself in the modelling industry. Her love...

Weer vir 9 Julie 2019

4 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal oor die kus vir die res van die week heers, asook stofstorms op plekke.BINNELAND: Koud aanvanklik, andersins mooi weer en warm tot...

Eenjarige brand in sinkhuis dood

4 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause – Twee mense het die afgelope naweek doodgebrand toe hul sinkhuise aan die brand geslaan het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het...

Bekentenis was glo vrywillig

4 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner op Swakomund – Mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat van die moorde op mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig aangekla is, was ten tyde van...

Dragtige ietermagô uit drom gered

4 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - ’n Ietermagô wat dae lank in ’n brandstofdrom gelos is, se verhaal het ’n gelukkige einde.Volgens me. Maria Diekmann, van die Rare...

Pasgebore baba sterf ná val

4 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Die Engela-hospitaal in die Ohangwenastreek word van nalatigheid aangekla nadat ’n baba by geboorte op die grond geval en onmiddellik gesterf het.Die...

Interns by staatshospitale uitgeplaas

4 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ’n Totaal van 131 leerlingdokters is by verskeie hospitale oraloor die land uitgeplaas om met hul internskap van twee jaar te begin....