Tenderraad sê hy 'trek nie Chinese voor'
Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië het verskeie aantygings ontken waaroor die media berig het.
Catherine Sasman - Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) het onlangse berigte ontken waarvolgens hy Chinese maatskappye bo plaaslike kontrakteurs in die toekenning van tenders verkies.
Die raad het onlangs twee kontrakte vir bouwerk by die Valombola- en Nakayale-opleidingsentrums aan 'n vennootskap tussen Africa Civil Engineering CC en China State Construction Engineering toegeken.
Die kontrakte is onderskeidelik N$27,7 miljoen en N$37,8 miljoen werd.
Dit is onder luide protes van Namibiërs begroet, wat glo plaaslike maatskappye moet hierdie kontrakte kry.
Die verkrygingsraad het gesê dié tenders is op aanbeveling van twee onafhanklike bod-evalueringskomitees toegeken.
Volgens die raad was dié vennootskap die “laagste geëvalueerde betekenisvol deelnemende aanbod”.
“Die raad het die uitkoms van die proses hersien en besluit om openbare entiteite te nader om van 'n ope, nasionale bie-proses gebruik te maak, veral van artikel 29(a) van die verkrygingswet.
“Dié artikel beperk deelname sover moontlik tot Namibiese burgers,” het die raad in 'n verklaring gesê.
Tekort aan vaardighede en leierskap
Die raad het ook teruggekap teen bewerings dat hy 'n tekort aan ervaring en leierskap het.
Hy het gesê hy handel die werwing van tegniese kenners af, en het erken hy ervaar verskeie uitdagings, aangesien die verkrygingswet steeds nuut vir almal is.
Die Sentrale Verkrygingsraad sê hy is nie 'n gewone raad wat slegs vier tot ses keer 'n jaar vergader nie, maar vergader minstens vier keer 'n maand of meer.
Hy ontken ook beweringe dat hy “verlam” en “disfunksioneel” is weens vertragings wat die verkrygingsproses uitrek.
Die raad sê vertragings word veroorsaak deur faktore soos die standaardbie-dokumente wat deur die verkrygingsbeleid-eenheid ontwerp is as generiese bie-dokumente per verkrygingskategorie, sowel as deur die interpretasie van die verkrygingswet, die tekort aan verkrygingspersoneel by openbare entiteite en hul vermoëns.
Personeelsake
Die CPBN sê hy het in Julie laas jaar opdrag van die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, ontvang om 'n sekuriteitsklaringsproses te voltooi voor enige werknemer permanent aangestel word.
Poste is geadverteer, onderhoude is gevoer en die uitslae van die klaringsproses word verwag voor aanstellings afgehandel word.
Boonop kon die verlenging van vastetermynkontrakte, wat einde Maart verstryk het, nie oorweeg word nie.
Geen binnegevegte
Die Verkrygingsraad het ook beswaar gemaak oor bewerings van binnegevegte onder uitvoerende lede van sy span. Die raad sê lede verskil van mening en metodes, hoewel dit nie tot verdeeldheid in die raad lei nie.
Die raad het vanjaar al 43 tenders goedgekeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie