Tencent sprei sy vlerke na bankwese
Tencent, een van China se vier reuse-tegnologiemaatskappye, het die tradisionele finansiële sektor betree deur in ’n beleggingsbank te belê.
Tencent het 2,9 miljard Hongkong-dollar (nagenoeg R4,6 miljard) in die China International Capital Corporation (CICC) belê. Dit is ’n belang van 4,95%.
Die CICC is China se oudste beleggingsbank, en is al die Goldman Sachs van China genoem omdat dit van die land se grootste staatsbeheerde ondernemings gehelp noteer het.
Die CICC bestaan sedert 1995 en is tot 2010 deels besit deur die Amerikaanse beleggingsbank Morgan Stanley. Die maatskappy het in 2015 in Hongkong genoteer.
Die twee maatskappye gaan saamwerk met bemarking en dataontleding.
Die CICC probeer hom vestig as ’n beleggingsbank vir welvarende individue ten einde sy afhanklikheid van wisselvallige beleggingsbankkoste te verminder.
Die beleggingsbank het vroeër vanjaar nagenoeg R33 miljard bestee om China Investment Securities, ’n batebestuursfirma, aan te skaf.
Skep ruimte
’n Ontleder, Chi Man Wong van China Galaxy Securities in Hongkong, reken Tencent se belegging maak sakesin omdat dié maatskappy “baie ruimte skep om te speel met groot data en finansiële tegnologie”.
Tencent belê deur aandele wat pas uitgereik is in die CICC te koop.
Tencent, wat onder meer die kitsboodskapdiens WeChat besit, verdien nog die meeste van sy inkomste uit speletjies.
Die maatskappy belê egter ook al hoe meer in finansiële dienste, ook in ’n poging om Jack Ma, stigter van Alibaba, se maatskappy Ant Financial die stryd aan te sê met mobiele betalings en geldbestuur. Ant Financial se betaalstelsel staan as Alipay bekend.
Ander Chinese internetmaatskappye, JD.com en Baidu, ding ook hier mee.
Wat aanlyn finansiële dienste betref, het Tencent ook ’n belang in die finansierder WeBank.
Naspers besit nagenoeg 33% van Tencent. Koos Bekker, voorsitter van Naspers, is een van drie Naspers-hoës in Tencent se direksie. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie