Tencent onttrek belegging ná bewerings
Die Chinese tegnologiereus Tencent het ’n belegging van $4,7 miljoen in ’n aanvangsonderneming wat “oorspronklike” inhoud skep, onttrek nadat dié onderneming oor die kole gehaal is vir sy hantering van kopieregkwessies.
Chaping is ’n aanlyn onderneming wat sake doen binne Tencent se gewilde kletsdiens WeChat. Die maatskappy, wie se naam “slegte resensie” beteken, word egter daarvan beskuldig dat dit inhoud geplagieer het.
Derhalwe het vrae begin opduik oor Tencent se verbintenis tot die beskerming van intellektuele eiendom, veral omdat die maatskappy in wese die skepper van oorspronklike inhoud in die vorm van vermaak en speletjies is.
In die lig van eksterne druk het Tencent Chaping gevra om sy belegging terug te gee.
“Ons het konsensus bereik met die Chaping-span om ons belegging vrywillig terug te gee,” het Tencent se direkteur van openbare betrekkinge, Marsh Zhang, gesê.
Tencent sê ook dit sal “voortgaan om oorspronklike inhoud te respekteer en te beskerm” deur verbeterde maatreëls in te stel.
Die tegnologiereus se aanvanklike belegging in Chaping het byna ongesiens verbygegaan in lig van verskeie groter internasionale transaksies wat die maatskappy oor die afgelope paar maande beklink het.
Tencent is Asië se tweede waardevolste maatskappy en een van die streek se aktiefste beleggers in opkomende ondernemings.
Die maatskappy het vroeër in ’n verklaring gesê hy beskou dit as “onvanpas” om ’n belegging van Tencent te aanvaar voordat ’n nuwe ronde kopieregstandaardisering afgehandel is.
“Chaping sal poog om onafhanklik te groei, uit die fout te leer en meer verantwoordelikheid te aanvaar op die gebied van kopiereg en die beskerming van oorspronklike inhoud.” – Netwerk24/Reuters, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie