Tencent nou meer werd as Facebook
Die Chinese internetreus Tencent se aandeelprys het vandeesweek so skerp gestyg dat hy nou meer as Facebook werd is.
Tencent is ook nou die eerste Chinese maatskappy waarvan die markwaarde meer as US$500 miljard is.
Dit maak van dié internetmaatskappy die wêreld se vyfde waardevolste maatskappy.
Die skerp styging het vandeesweek ook die JSE twee dae agtereenvolgens tot nuwe rekordvlakke laat styg.
Die sterk vertoning van die JSE is steeds byna uitsluitlik aan Naspers te danke, wat 34,4% van Tencent besit.
Bloomberg het verlede week berig Tencent het 'n beter as verwagte 69%-styging in sy wins in die afgelope kwartaal gerapporteer vanweë die sukses van speletjies soos Honour of Kings. Dié speletjie het meer spelers as Duitsland se bevolking.
Sy resultate is ook gelig deur die boodskapdiens WeChat wat 980 miljoen maandelikse gebruikers het wat daagliks 38 miljard boodskappe stuur.
Sy videodiens, Tencent Video, het die grootste in China geword wat betalende intekenaars betref.
Die sukses het gehelp om Tencent se aandeelprys vanjaar meer as te verdubbel. Sy aandeelprys het met meer as die 36% van die Hangseng-indeks gestyg.
Nou is nog net Apple Inc. met 'n markwaarde van sowat US$873 miljard, gevolg deur Alphabet, Microsoft en Amazon, voor Tencent.
Reuters het 'n peiling onder 39 ontleders gedoen wat Tencent dek. Die gemiddelde aanbeveling vir sy aandele is “koop”.
Hul gemiddelde teikenprys is HK$433,60.
Die aandeel het Dinsdag op HK$430 gesluit.
Ná Tencent is sy mededinger Alibaba die naasgrootste maatskappy van Asië op grond van 'n markwaarde van US$481,5 miljard.
Suid-Korea se Samsung Electronics is in die derde plek met 'n markwaarde van US$364 miljard.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie