Tencent: Is jy oud genoeg vir dié speletjie?
Minderjariges in China wat videospeletjies met ’n ouderdomsbeperking speel, gaan binnekort hul rieme styfloop.
Die Chinese internetreus Tencent gaan begin om polisiedatabasisse te gebruik om die ouderdom van spelers op van sy gewildste titels te bevestig voordat hulle kan begin speel.
In ’n eerste stap gaan Tencent begin om die spelers van sy uiters gewilde slimfoonspeletjie Honour of Kings se ouderdom te bevestig. Die maatskappy het die nuus op sosiale media aangekondig.
China se sowat 700?miljoen internetgebruikers is reeds geruime tyd onderhewig aan voortdurende polisiëring aanlyn. Maar Tencent se inisiatief is die eerste waar dié polisiëring oorspoel na videospeletjies. Effektief beteken dit die Chinese regering gaan nou ook begin om van sy miljoene minderjariges se aktiwiteite te monitor.
Die staatsbeheerde media het Tencent daarvan beskuldig dat hy ’n kultuur van verslawing kweek deur nie toegang tot sy gewildste speletjies te beperk nie. Honour of Kings is reeds ’n fenomeen in China, maar ook gereeld die fokus van kritiek oor die nadeel wat die speel van te veel videospeletjies vir kinders inhou.
Tencent moes in Augustus een van sy nuutste speletjies aan die mark onttrek omdat reguleerders nie daarmee tevrede was nie. Die Chinese regering het geëis dat Tencent Monster Hunter: World verwyder nadat hy “talle klagtes” daaroor ontvang het.
Sedertdien het Tencent se aandeelprys aanhou verswak en dobber dit rond op sy laagste vlak in ’n jaar. Die maatskappy se bedryfswins het ook in die laaste kwartaal onder druk gekom, hoofsaaklik weens die druk van reguleerders en die gebrek aan goedkeuring vir sy nuwe speletjies.
Tencent sê hy hoop die besluit om streng ouderdomsbeperkings in te stel sal help om spelers te lei na speletjies wat meer gepas is vir hul ouderdom. Die maatskappy sê hy hoop dit sal “matige gewoontes” help kweek, sowel as “gesonde ontwikkeling” aanhelp. – Netwerk24/Bloomberg, bygewerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie