Tencent het oog op Uber
Die Chinese tegnologiereus Tencent kan maar net nie genoeg van taxidienste kry nie. Hy het glo nou ook sy oog op Uber.
Luidens Bloomberg het Uber Maandag gesê hy het ’n ooreenkoms geteken met ’n konsortium beleggers, wat glo Tencent insluit.
Dit sal hulle in staat stel om tot US$9 miljard se aandele in dié taxidiens te bekom.
Die konsortium word gelei deur die Japanse tegnologie-maatskappy SoftBank.
Tencent, waarin Suid-Afrika se grootste genoteerde maatskappy Naspers ’n belang van 33,4% het, en Softbank het al voorheen in dieselfde taxidienste belê.
Techcrunch berig albei het ’n belang in die Chinese Didi Chuxing, Indië se Ola en Lyft in Amerika.
Volgens Bloomberg sal die konsortium aanvanklik US$1 miljard in Uber belê.
Daarna het SoftBank en die ander maatskappye die opsie om tot US$9 miljard se aandele van huidige aandeelhouers te koop.
Die transaksie kan egter deur die mat val as daar nie genoeg beleggers is wat hul aandele wil verkoop nie.
Die ooreenkoms behels ook veranderinge aan Uber se korporatiewe beheer.
“Ons het ’n ooreenkoms onderteken vir ’n moontlike belegging met ’n konsortium onder leiding van SoftBank en Dragoneer,” sê Uber in ’n verklaring. Dragoneer is ’n beleggingsgroep wat in San Francisco gesetel is.
“Ons glo die ooreenkoms wys hoeveel vertroue daar in Uber se langtermynpotensiaal is.”
Uber sê hy wil die belegging gebruik om sy tegnologie te ontwikkel en markte wêreldwyd uit te brei.
Die waagkapitaalbelegger Benchmark het onderneem om sy hofsaak teen Travis Kalanick, Uber se stigter, te laat vaar as die transaksie slaag. Dié saak handel oor Kalanick se invloed op die direksie. Kalanick het op die nippertjie op dié onderneming aangedring voordat hy die SoftBank-transaksie sou goedkeur.
SoftBank kan Uber help om in Indië en Suidoos-Asië uit te brei deur ooreenkomste met sy mededingers hier. SoftBank is ’n groot belegger in Ola en Grab, Uber se mededingers in dié streke.
Uber se direksie het reeds ’n reeks beheerveranderinge goedgekeur, wat Kalanick se rol in die maatskappy beperk.
Die direksie is onder meer tot 17 lede vergroot om meer onafhanklike direkteure toe te laat. Al dié veranderinge is afhanklik daarvan dat die ooreenkoms met SoftBank deurgevoer word.
Die transaksie kan van Kalanick ’n kontantmiljardêr maak as hy besluit om ’n groot genoeg belang te verkoop.
Daar kan ook ’n klomp nuwe miljoenêrs in San Francisco wees as van die werknemers wat met Uber se ontstaan aandele gekry het, besluit om daarvan te verkoop.
As daar nie genoeg aandeelhouers is wat wil verkoop nie, kan SoftBank óf sy aanbod per aandeel verhoog, óf die aanbod terugtrek.
Tencent se beleggings in die vervoersektor
Van Tencent se groot beleggings in die vervoersektor sluit in:
Ola: US$1,1 miljard (2 Oktober 2017)
Tesla: US$1,7 miljard (28 Maart 2017)
Mobike: US$215 miljoen (4 Januarie 2017)
Mobike: US$100 miljoen (30 September 2016)
Didi Chuxing: US$4,5 miljard (7 Julie 2015)
Lyft: US$150 miljoen (15 Mei 2015)
* Media24 is ’n filiaal van Naspers. Netwerk24 behoort aan Media24. – Netwerk24/Saamgestel uit Bloomberg, TechChrunch en Crunchbase

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie