Telecom mag nie diens binne Zambië bied
Die Namibiese internetverskaffer se dienste mag net tot by die Zambiese grens strek – anders sou dit 'n lisensie benodig om in die buurland werksaam te wees.
Elvira Hattingh - Die Zambiese Inligting en Kommunikasie-tegnologie Owerheid (Zicta) sê Telecom Namibia of enige ongelisensieerde operateur mag dienste in transito via Zambië aan ander lande verleen solank die diens nie direk iewers in hul land gelewer word nie.
Sou die diens in Zambië self gelewer word, moet die internetverkeer by die grens aan 'n gelisensieerde Zambiese operateur oorhandig word. Dié operateur moet dan die rekening betaal vir dienste wat Telecom by die grens lewer.
Dit volg nadat Telecom Namibia onlangs deur Zicta berispe is nadat dit 'n internettoegangdiens aan Microlink in Lusaka gelewer het en 'n rekening vir die diens direk aan die internetverskaffer gegee het. Dit is gelewer met behulp van Zesco – wat infrastruktuur besit wat van die Zambiese-Namibiese grens tot in Lusaka strek.
Volgens Zicta kan slegs 'n operateur wat in Zambië gelisensieer is, so 'n diens binnelands aan hul internetverskaffers bied en 'n rekening daarvoor uitreik.
“Zicta wil egter hê dat Zesco die rekening aan Microlink moet uitgee vir die gebruik van die infrastruktuur tussen die Namibiese-Zambiese grens en Lusaka. Telecom mag net aan Sesco 'n rekening uitskryf vir die internetverkeer wat by die grens aan hulle gelewer word,” het Telecom se woordvoerder, mnr. Oiva Angula, aan Republikein gesê.
“Telecom Namibia bestuur nie 'n telekommunikasienetwerk in Zambië self nie en het nie ander verwante werksaamhede in dié land nie. Ons maak slegs gebruik van vennote, wat gelisensieerde operateurs in Zambië is en internetverkeer in dié land versprei,” het hy gesê.
Hy het gesê die owerheid en al die relevante partye het ooreengekom om die nodige aanpassings binne 60 dae te maak. Volgens Angula verdien Telecom maandeliks sowat US$37 000, of N$468 784,82, per maand deur hierdie ooreenkoms.
Dienste word ook aan Botswana gelewer, wat van Telecom se infrastruktuur gebruik maak om met die Wes-Afrika Kabelstelsel (WACS) op Swakopmund te verbind.
“Dienooreenkomstig het Botswana Fibre Networks (Bofinet) 'n ooreenkoms met Telecom gesluit om die nodige diens tussen die Namibië-Botswana-grens en Swakopmund te lewer.
“Telecom sal voortgaan om dienste aan buurlande te lewer wat nie toegang tot die see het nie en internet deur die WACS-stelsel moet kry, want dit help vir die ekonomiese vooruitgang in die SADC-streek,” sê Angula.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie