Tekkie Town vs. Steinhoff ‘relevant’ vir inderdik
Die advokaat vir die respondente het ook aangevoer daar is bewyse dat Mr. Tekkie nie soortgelyk is aan Tekkie Town nie.
Nellie Brand-Jonker – Pepkor kan nie aanvoer die regsgeding wat Braam van Huyssteen-hulle teen Steinhoff aanhangig gemaak het om Tekkie Town terug te kry, is nie relevant tot ’n tussentydse interdik oor ’n handelsbeperking nie.
Adv. Willie Duminy SC, wat vir Van Huyssteen en ander respondente in die saak optree, het Dinsdag aangevoer regter Elizabeth Baartman moet die regsgeding met Steinhoff in ag neem wanneer sy besluit of ’n tussentydse interdik teen hulle toegestaan moet word om ’n handelsbeperking op te dwing.
Pepkor het die aansoek op ’n dringende grondslag gebring omdat hy aanvoer die Mr. Tekkie wat Van Huyssteen-hulle verlede week bekend gestel het, is ’n mededingende onderneming vir Tekkie Town. Pepkor besit Tekkie Town nadat Van Huyssteen-hulle dit in 2016 aan Steinhoff verkoop het.
Pepkor is ’n filiaal van Steinhoff.
Duminy het gesê die applikante voer aan dat ’n afsonderlike regsgeding wat Van Huyssteen-hulle teen Steinhoff gebring het om Tekkie Town terug te kry, irrelevant is. Hy voer aan dit is “hoogs relevant”.
“Dit is belangrik omdat dit die beginpunt is van hoe Tekkie Town by Steinhoff betrokke geraak het.”
Hy het aangevoer die regter word nie gevra om ’n uitspraak te lewer oor wat reg of verkeerd was by Steinhoff nie.
“Die hele toetrede tot Steinhoff is besmet met bedrog. Die punt is die kontrak is onder beleg.
“As Steinhoff die aandele teruggee, gaan dit van die filiale onttrek word en dan is daar nie eens sprake van ’n belang in Tekkie Town nie.”
Duminy vind dit verstommend dat dié twispunt nie eens in Pepkor se funderende eedsverklaring aangeraak word nie.
“Dis nie ’n denkbeeldige aansoek nie, dit moet baie ernstig opgeneem word. Dit kan beteken dat hierdie applikante wat nou probeer om die handelsbeperking op te dwing aan die einde van daardie saak uit die prentjie gaan wees.”
Volgens hom moet die applikante in die aansoek om die tussentydse aansoek nie aanvoer dit is nie vir Baartman om oor die Steinhoff-saak te beslis nie.
“Met respek, dit is nie die regte antwoord nie.”
Duminy het ook aangevoer daar is bewyse dat Mr. Tekkie nie soortgelyk is aan Tekkie Town nie wat óf die aansoek irrelevant maak óf nie dringendheid demonstreer nie.
Hy het ook aangevoer Pepkor het geen bewys gelewer van ekonome, handelaars, kleinhandelaars of gekwalifiseerde persone oor enige tasbare nadeel wat Mr. Tekkie veroorsaak nie.
“Hulle maak net ’n aanname dat die verkope van Mr. Tekkie verkope by Tekkie Town gaan wegneem.”
Die verhoor sou gister voortduur. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie