Tekkie Town-eienaar hof toe oor Mr. Tekkie

12 September 2018 | Sakenuus
Hanlie Stadler – Pepkor probeer nou amptelik ’n stokkie steek voor die bekendstelling van Mr. Tekkie, ’n skoenwinkel wat die stigter en voormalige topbestuur van Tekkie Town nog vanjaar wil open.

Dit kom nadat die maatskappy daarin kon slaag om e-posse te herwin wat Braam van Huyssteen, stigter van Tekkie Town, betrek by ’n beweerde komplot om Pepkor se aandeelprys af te druk. Die e-posse is uitgewis, maar met die hulp van IT-spesialiste herwin, sê Pepkor in hofstukke.

Pepkor besit Tekkie Town.

Die groep het Maandagmiddag laat in die hooggeregshof in Kaapstad ’n dringende aansoek teen Van Huyssteen, Bernard Mostert, Michael Brown, Gert Claassens en David van Niekerk ingedien waarin die hof gevra word om die handelsbeperkings in hul dienskontrakte op te dwing.

Pepkor voer aan die vyf se dienskontrakte bevat ’n klousule wat hulle verbied om drie jaar nadat hulle by Tekkie Town weg is, vir ’n soortgelyke of mededingende winkel te werk.

Dit beteken Van Huyssteen mag vir drie jaar van 24 Mei af nie ’n mededingende winkel bedryf nie en die ander mense vir drie jaar van 25 Junie af nie.

Van Huyssteen en Mostert het vantevore albei ontken dat handelsbeperkings op hulle van toepassing is.

Die vyf het tot Vrydag om 16:00 om aan te dui of hulle die dringende hofaansoek gaan teenstaan. Indien wel, moet hulle hul teenargumente teen 21 September indien.

Van Huyssteen en Mostert het op Donderdag 9 Augustus aangekondig hulle maak in November ’n klerewinkel in St. George’s Mall in Kaapstad oop met die naam Mr. Tekkie. Dis op die perseel waar ’n tak van Tekkie Town tans is.

“Ons begin van voor. Dis hoegenaamd nie ’n nuwe Tekkie Town wat begin word nie,” het Mostert toe gesê.

Pepkor beskryf die bemarking van Mr. Tekkie as “skaamteloos”.

Tekkie Town is in September 2016 deur Steinhoff gekoop en toe weer deur Steinhoff Africa Retail (Star), wat verlede maand sy naam in Pepkor, een van sy filiale, verander het.

Van Huyssteen het sy aandele in Tekkie Town vir Steinhoff-aandele verruil en het dus miljoene verloor toe Steinhoff se aandeelprys in Desember verlede jaar in duie gestort het weens beweerde boekhou-ongerymdhede, wat steeds ondersoek word.

Van Huyssteen is bevriend met Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff. Albei besit resiesperde.

Luidens Pepkor se hofstukke het die vyf mense twee moontlike planne oorweeg.

Die eerste plan was om Pepkor se aandeelprys af te druk en Tekkie Town dan teen ’n winskopie terug te koop.

Dit blyk glo uit e-posse wat Bill Henderson, ’n Australiese sakevennoot van Van Huyssteen, aan die regsfirma Webber Wentzel gestuur het.

In Mei, toe dié e-posse gestuur is, was Mostert en Van Huyssteen nog direkteure van Pepkor se spesialisafdeling. Pepkor voer aan hulle het hul fidusiêre pligte as direkteure verontagsaam deur teen Pepkor saam te sweer. Dit sluit in oortredings van art. 76(2) en (3) en art. 77 van die Maatskappywet.

Pepkor se hofstukke verwys ook weer na die beweerde komplot om Tekkie Town se verkoopstelsel te verlam deur met die rekenaarstelsels te peuter. Die komplot, wat glo op 1 Julie uitgevoer sou word, is gestuit toe Werner de Bruin, ’n IT-spesialis van die groep, daaroor gebieg het.

Netwerk24 het voorheen uitgebreid berig oor die beweerde plan en die betrokkenes se verweer, wat onder meer ingesluit het dat te veel drankies betrokke was.

“Plan B” was die plan om ’n regstreekse mededinger vir Tekkie Town te begin. Die respondente het Tekkie Town-personeel aktief aangemoedig om te bedank “in ’n poging om die onderneming te verlam”, luidens Pepkor se hofstukke.

Van Huyssteen het onder meer salarisse gewaarborg, voer Pepkor aan.

Op een vergadering van Tekkie Town se topbestuur was die toon glo dreigend, naamlik dat werknemers vertel is as hulle nie hul lojaliteit toon nie, sou Van Huyssteen hulle afdank wanneer hy Tekkie Town terugkoop.

Op die vergadering is die boodskap uitgedra dat Pepkor nie vertrou kan word nie. Die woorde “ons is jul familie” en “ons sal vir julle en jul families sorg” is glo deur Mostert en Van Niekerk geuiter.

Voorbeelde van WhatsApps word by die hofstukke aangeheg waarin Van Huyssteen sy teleurstelling uitspreek in een werknemer wat hulle nie ondersteun het nie.

Verklarings deur verskeie Pepkor-werknemers is by die hofaansoek aangeheg. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Regering staan bakhand vir 2% van Namibiërs se jáárlikse...

2 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die verwarring oor of die regering Namibiërs vra om 2% van een maand of een jaar se basiese salaris te skenk, is...

Making employees feel at home at Plastic Packaging

14 ure gelede | Mense

JONELL MALAN Human resource management is a function in organisations designed to maximise employee performance in the service of an employer’s strategic objectives. One empowers...

Duisende registreer vir e-taks

14 ure gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Altesaam 192 225 belastingopgawes is teen Dinsdag via die ministerie van finansies se nuwe aanlyn belastingdiens, die geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas), ontvang.Mnr. Tonateni...

Apollo 11-euforie só onthou

14 ure gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Namibië se eie ruimteman, dr. Japie van Zyl, sê ’n getekende foto van die drie Apollo 11-ruimtevaarders, Neil Armstrong, Buzz Aldrin en...

Kalender 12 Julie

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Bottomless Coffee Band is ’n instrumentele, alternatiewe duo wat bestaan uit die getroude paartjie Lourens en Esté Rabé van Kaapstad, Suid-Afrika....

Weer vir 19 Julie 2019

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: H 04:47 L 10:41...

Nuwe begin vir vier wildehonde

14 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Ná die tragiese skietvoorval in Februarie waarin drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die...

Just a click away

14 ure gelede | Gesondheid

Michelline Nawatises Organic Box is an online grocery shop specialising in selling organic vegetables, meat and dairy products, farm produce, and speciality homemade products.It was...

Rundu surveys new extensions

14 ure gelede | Plaaslik

The Rundu town council plans to survey two new extensions in the Tuhingireni informal settlement for N$ 1 million, according to the head of town...