Tegnologie wat die gang van die wu00eareld kan verander
Tegnologie wat die gang van die wu00eareld kan verander

Tegnologie wat die gang van die wêreld kan verander

Toepassing op landbou
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Daar is reeds tegnologie beskikbaar om die gang van die wêreld betekenisvol te verander, maar die proses om nuwe uitvindings te soek, bly steeds aan die orde, aldus Jeremy Jurgens, die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se tegnologiehoof.

“From income inequality to climate change, technology will play a critical role in finding solutions to all the challenges our world faces today. This year’s emerging technologies demonstrate the rapid pace of human innovation and offer a glimpse into what a sustainable, inclusive future will look like.”

Berigte oor ongekende klimaatsversteurings soos dat Junie 2019 die warmste maand in die geskiedenis was, oorstromings, aardbewings en kritieke droogtes en die impak is maar enkele aspekte wat op nuwe antwoorde wag.

Verlede week is daar gekyk na innovasies wat volgens Bill Gates ‘n verskil gaan maak in die lewe van Jan Alleman. Die 10 uitvindings wat volgens die WEF die grootste impak het, is noemenswaardig.

Interessant genoeg is dat van dié uitvindings oorvleuel, soos uitgewys.

Al hierdie ontwikkeling kan die lewe op aarde betekenisvol beïnvloed indien toegepas, en in baie gevalle word die geleentheidskoste van nietoepassing ook uitgewys.

HERWINNING

Die herwinning van plastiek is noodsaaklik. Die afgelope tyd is die wêreld bewus gemaak van plastiekrommel in die oseane, hawens, ensovoorts, asook die gevare wat dit inhou. Minder as 15% van alle plastiek word herwin. Die res word deel van die rommelprobleem.

Bio-afbreekbare plastiek is die antwoord, maar tot dusver was dié plaasvervangers nie so sterk soos die ware Jakob nie. Deur gebruik te maak van sellulose afkomstig van plantreste is daar lig in die tonnel.

Gelyklopend hiermee is ‘n bekende supermarkgroep se aankondiging dat hulle gaan wegdoen met plastiekverpakking van groente en vrugte. Papiersakkies doen nou die ding.

Die sogenaamde sosiale robot – meer intelligent en wat “homself” kan “leer”, beteken groter toepassing van dié tegnologie. Nuwe robotte sal gesigsuitdrukkings kan lees en oogkontak maak en sal kan help met die versorging van oumense en selfs met kinders se huiswerk.

In die derde plek is die ontwikkeling van lense vir gebruik in selfone en ander tegnologie belangrik omdat die aanwending van glas in die verband die einde van die pad bereik het. Metalense is kleiner en ligter as tradisionele glaslense. So kan dié tegnologie gebruik word in ‘n klien kameratjie wat deur ‘n pasiënt gesluk word vir die inwendige ondersoek van die spysverteringskanaal.

TOEPASSING IN LANDBOU

Twee ontwikkelings onder die 10 wat deur die WEF uitgelig word, het veral direk toepassing op die landbou. Die eerste van dié twee dui op die werk ten opsigte van “slim” kunsmis.

Hoewel ’n nuwe ontwikkeling ten opsigte van die vrystelling van die bestanddele van kunsmis, bevat dit steeds elemente wat skadelik vir die omgewing is of kan wees.

Die jongste tegnologie maak kunsmis ekologies vriendeliker deur die aard van die stikstof wat vrygestel word of kan word en die verbetering van die mikro-organismes in die grond wat weer opneemvermoë komplementeer.

Daar is al berig oor die feit dat meer as 600 miljoen mense wêreldwyd gekontamineerde kos eet met dikwels katastrofiese gevolge. Verbeterde naspeurtegnologie kan die bron van kontaminasie vinnig lokaliseer vir die nodige aksie. Die vermoë om elke stap in ‘n waardeketting nou te kan monitor met behulp van sensors, maak dit moontlik om nie net foute betyds op te spoor nie, maar kan ook verspilling verminder.

Die 10de tegnologiese deurbraak wat volgens die WEF ‘n groot impak het en kan hê, is die doeltreffender berging van hernubare energie. Litiumbatterye bly nog die leidende tegnologie, maar tot dusver het te min sonlig en/of wind, die toepassing van hernubare energie geknou. Wat nou ontwikkel word, is verlengde batteryleeftyd van litiumtegnologie sodat energie vir ten minste agt ure se gebruik geberg kan word. Dit sal die inskakeling van hernubare energie by die bestaande netwerk beslis vergemaklik.

Wat uitvindings in die algemeen betref, moet mens nie dit wat reeds uitgedink en toegepas word op plaasvlak miskyk nie.

Die gesegde van “’n boer maak ‘n plan” bly waar en dalk kan meer daarvan gemaak word.

Sodoende kan dié planne bekend word en erkenning gegee word aan die uitvinders en daarmee saam almal aanmoedig om te bly dink oor hoe om anders te werk te gaan.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A