Tegnologie in 2019: Van voufone tot u2018Fitbitu2019 vir Flaffie
Tegnologie in 2019: Van voufone tot u2018Fitbitu2019 vir Flaffie

Tegnologie in 2019: Van voufone tot ‘Fitbit’ vir Flaffie

Elvira Wood - Die grootste verwikkeling die afgelope jaar wat inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT) betref, was sonder twyfel die bekendstelling van die voufoon.

Dit was egter nie net voufone wat lesers se belangstelling geprikkel het nie: nuus oor WhatsApp en fiksheidstoestelle – selfs vir troeteldiere – was net so gewild.

Hier is ’n paar van die tegnologiestories wat vanjaar die aandag getrek het:

VOUFONE

Samsung se voufoon van R45 000 breek klaar

Dit is seker enige tegnologiemaatskappy se grootste nagmerrie: Jou splinternuwe – en ongelooflik duur – voubare slimfoon breek in die hande van tegnologieskrywers van oraloor.

Dit is die nagmerrie waarmee Samsung in April geworstel het nadat etlike prominente tegnologieskrywers van gesogte publikasies soos CNBC, The Verge en Bloomberg video’s en foto’s gedeel het van ’n gebreekte Samsung Galaxy Fold.

Eers voufone, nou vourekenaars

Die onafwendbare het gebeur. Eers was daar voubare slimfone en nou het Lenovo die wêreld se eerste voubare skootrekenaar bekend gestel.

Maatskappye soos Samsung, Huawei, LG en nou ook Lenovo is vol hoop dat voubare skerms die toekoms van die tegnologiebedryf is.

Microsoft maak óók voubare foon

Microsoft is duidelik nie juis bekommerd oor die fiasko wat Samsung met die bekendstelling van sý eerste voubare foon ervaar het nie.

Ondanks die enorme flater wat Samsung se Galaxy Fold was (en waarskynlik steeds is), het Microsoft vroeg in Oktober aangekondig hy gaan ook so ’n voubare slimfoon uitreik.

Samsung se duur voufoon ‘vou’ glad nie in SA

Samsung se peperduur voubare foon verkoop glo flink in Suid-Afrika, het die maatskappy by navraag laat weet.

Die Galaxy Fold is vroeg in Oktober op ’n geselligheid in Johannesburg bekend gestel. Dit kos ’n plaas se prys en is teen R44 000 die duurste kommersieel beskikbare foon in die land.

WHATSAPP

WhatsApp wil keer dat jy fopnuus net aanstuur

WhatsApp het in April bekend gemaak dat hy werk aan ’n nuwe funksie om die verspreiding van fopnuus op die kletsdiens in die kiem te smoor.

WhatsApp kan optel sodra ’n spesifieke boodskap etlike kere rondgestuur word. Die nuwe funksie gaan keer dat sulke boodskappe in groepsgesprekke gedeel kan word.

WhatsApp wil skermgrepe van gesprekke keer

Dit het ook in April aan die lig gekom dat WhatsApp glo ’n stokkie daarvoor wil steek dat iemand sommerso ’n skermgreep van ’n gesprek kan maak.

Luidens WABetaInfo, ’n nuusdiens oor WhatsApp-aangeleenthede, is dié nuwe veiligheidsmaatreël deel van die kletsdiens se volgehoue planne om gebruikers se privaatheid te beskerm.

Dis klaarpraat met dié WhatsApp-groepie-drama

Is jy keelvol daarvoor dat jou vriende en kennisse jou vir welke rede ook al by ’n nuwe WhatsApp-groep betrek? Voel jy oorweldig deur al die ongevraagde gesprekke wat jy nou van die kantlyn af moet dophou terwyl jy tevergeefs wens jy is in die eerste plek nooit by die groep gevoeg nie?

WhatsApp het in April gehoor gegee aan hierdie einste frustrasie. Die wêreld se bekendste kletsdiens laat gebruikers nou toe om vooraf te besluit of hulle by WhatsApp-groepies gevoeg mag word.

Koop en verkoop nou sommer in WhatsApp

Facebook, eienaar van WhatsApp, het in November ’n nuwe funksie bekend gestel waarmee ondernemings produkte en dienste in die kletsdiens kan adverteer en verkoop. Die stap is deel van Facebook se volgehoue pogings om ’n inkomste deur WhatsApp te genereer.

TEGNOLOGIE

Dié app help om Wagter en Kiets terug te kry

’n Toepassing om verlore troeteldiere met hul eienaars te herenig, is in Augustus bekend gestel.

Die Lost & Hound-toepassing deur Empire State Software and Development, ’n klein programmatuurmaatskappy in Johannesburg, is sedert Junie op Android- en iOS-toestelle beskikbaar.

‘Fitbit’ vir Flaffie is hier, so kan dit jou help

Kuier Katinka alewig by die bure se katte of is jy heeltyd bekommerd dat Wagter gaan wegraak? Dan is Vodacom se nuwe opsporingstelsel vir troeteldiere dalk die ideale oplossing.

Die diensverskaffer sprei sy vlerke na die troeteldierbedryf en het pas sy eerste produk spesiaal vir jou viervoetige vriend bekend gestel.

Beskerm jou kind as die klok TikTok slaan

Jy het dalk al gehoor hoe jou 14-jarige en haar vriendinne mekaar vra of hulle dié en daai video op TikTok gesien het. Dalk het jy gedink dis ’n kodewoord vir ’n nuwe tipe gier op Instagram of – behoede ons – die naam van ’n soort dwelm?

So erg is dit darem nie. TikTok is ’n betreklik nuwe sosiale netwerk wat tieners behoorlik op horings het.

Toestel maak werkplek se deure oop, as jy nugter is

Dié toestel gaan letterlik vir jou deure oopmaak by die werk, maar net as jy nugter is.

Die maatskappy Alco-safe in Pretoria het in Augustus ’n outomatiese alkoholtoets ontwerp wat by groot fabrieke en myne gebruik kan word om seker te maak dat net werkers wat nie onder die invloed van alkohol is nie toegang tot die werkplek kry.

Disney+ begin op ’n hoë noot

Die nuwe stromingsdiens Disney+ wat in November bekend gestel is, het beleggers se stoutste verwagtinge oortref met meer as 10 miljoen mense wat binne ’n enkele dag daarby aangesluit het.

Dié stewige groei, saam met ’n styging van $18 miljard in totale markwaarde, maak Disney ’n ernstige mededinger vir gevestigde stromingsdienste soos Netflix, Amazon Prime en Apple se Apple TV+.

So lyk Olimpiese medaljes gemaak van ou fone

Japan het meer as 32 kg goud uit 6,2 miljoen ou selfone herwin en gebruik om die Olimpiese medaljes te skep vir die Spele wat in 2020 gehou word.

Die Olimpiese komitee het in Julie die ontwerp van die medaljes van die Olimpiese Spele van 2020 in Tokio bekend gemaak. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 356.43/OZ UP +0.77% | Copper US$ 4.85/lb UP +2.21% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.81/BBP DOWN -0.0124 | Platinum US$ 1 036.82/OZ UP +3.54% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 356.43/OZ UP +0.77% | Copper US$ 4.85/lb UP +2.21% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.81/BBP DOWN -0.0124 | Platinum US$ 1 036.82/OZ UP +3.54%