Tegniese ontleding: Dow galop voort
Die Dow Jones-nywerheidsindeks word soms as die “emosionele” indeks van die wêreld beskou.
Frans de Klerk - Die Amerikaanse Dow Jones-nywerheidsindeks bestaan uit 30 maatskappye, waarvan die bekendstes insluit Chevron, Cisco, Apple, Boeing, Caterpillar, American Express en Exxon Mobile.
Dit is interessant dat die Dow Jones die indeks is wat alle beleggers dophou. Indekse soos die Standard & Poor’s 500, wat uit die top-500 Amerikaanse aandele bestaan, weerspieël die land se ekonomie dalk beter, maar die Dow slaan eintlik die kitaar wat beleggers se gemoedere betref.
2017 was ’n jaar van rekords vir die Dow. Met die skryf hiervan styg die Dow nou al sewe weke agtereenvolgens.
Op die oomblik kan niks die wêreldmarkte keer nie. Rentekoerse is laag, die Amerikaanse ekonomie presteer goed en beleggers jaag risiko.
Die bewegende gemiddelde (21 460) oor 40 weke is ’n gerieflike steunvlak.
Eers onder lyn A (op die grafiek) sal ons die eerste krakie in die Dow Jones sien, en indien die waarskuwingsformasie sy teiken bereik, kan die indeks terugsak na die 40-week- bewegende gemiddelde.
•Spekulante: Verkoop eers of gaan kort onder lyn A, maar gebruik 23 500 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Indien die momentum onder lyn A toeneem, is die teikens na onder 22 731, 22 333, 22 000, 21 731 en 21 462.
•Medium- en langtermynbeleggers: Klou vas aan jul beleggings in die Amerikaanse markte terwyl lyn A steun gee.
•Nota: Iets wat tog in beleggers se gemoedere speel, is: As alles in die wêreldekonomie so klopdisselboom is, hoekom sal sentrale banke dan so huiwerig wees om die “goedkoop” geld aan die mark te onttrek en rentekoerse te verhoog?
Hulle wag dalk op inflasie, maar niemand wil aanvaar dat aandele se waardasies op historiese rekordvlakke is nie.
Die prys-verdienste-verhouding van die Dow Jones staan nou op 21, terwyl die langtermyngemiddelde sowat 15 is. – Netwerk24
•Frans de Klerk is ’n onafhanklike tegniese ontleder

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie