Teenstropery: Etosha kry patrolliekamp
Die minister van die omgewing en toerisme het die naweek die Skerpioenbult-patrolliekamp in die Etosha Nasionale Park amptelik geopen.
"Sekuriteit is by ander gebiede en nasionale parke as brandpunte opgeskerp wat nog nie deur stropery geraak is nie, maar ek gaan nie vir julle stropers vertel waar nie; ons wag vir julle of die renosters sal self met julle afreken."
Dit was die waarskuwing van die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, aan voornemende wildstropers toe hy Saterdag die Skerpioenbult-teenstroping-patrolliekamp in die Etosha Nasionale Park amptelik geopen het.
"Met die volgehoue ondersteuning van ons vennote het die Namibiese regering aansienlike hulpbronne toegewys en sekuriteitsmagte in brandpuntgebiede ontplooi. Ons het ook sekuriteit in ander gebiede opgeskerp," het die minister gesê.
Die konstruksie van die kamp ten bedrae van N$5 miljoen is moontlik gemaak met behulp van Yahoo Japan asook die Wêreldomgewingsfasiliteit (GEF) en die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) se Beskermde Gebiede Stelselsversterking-projek (Pass).
"Jul bydrae bou 'n sterk brug in die stryd teen stropery," het Shifeta gesê.
"Die patrolliekamp sal voorsiening maak vir die ontplooiing van wetstoepassers en as strategiese punt vir bevel en koördinering van teenstropingsaktiwiteite dien. Ek beklemtoon teenstropery, want dit is ons doelwit om stropery te stop. Daarom moet ons by voorbaat optree en stropery voorkom," het die minister gesê
Hy meen die Skerpioenbult-kamp is nog 'n stap in die stryd teen stropery.
Die minister het weer bevestig dat stropingsyfers gedaal het, met 27 renosters wat vanjaar gestroop is teenoor 2016 se 60, asook 20 olifante teenoor verlede jaar se 101.
Volgens Shifeta is Pass in 2014 deur die GEF en UNDP teen sowat N$50 miljoen (US$4 miljoen) geïmplementeer en sal in Maart 2018 eindig.
Hy sê 70% van die projekbegroting is op wetstoepassing en teenstroping bestee. Dit sluit die volgende in: Die voorsiening van water (boorgate, watertenke en -waens); kamptoerusting (tente, slaapsakke en potte); sanitasie (toilette van alle teenstroping-patrolliekampe), kommunikasietoerusting (radionetwerke en satellietfone); misdaadondersoektoerusting soos metaalverklikkers; die konstruksie van die teenstroping- opleidingsentrum in die Waterberg Nasionale Park; die nasionale teenstroping-bewusmakingsveldtog en die opleiding van aanklaers en ondersoekbeamptes.
Volgens die minister is die hele projek in die nasionale parke van Etosha, Waterberg, Khaudum en Bwabwata, asook die Kunenstreek geïmplementeer.
Shifeta het ook die werk van die teenstropingpersoneel geprys: "Dit is nie 'n maklike werk nie en hulle moet baie opofferings maak. Hulle moet hul families vir lang tye agterlaat en baie dae in die veld bestee, honderde kilometers in die natuur loop en hul lewe op die spel plaas weens gewapende stropers en gevaarlike wilde diere."
Hy het hulle gelukgewens met hul goeie werk en bedank vir "die liefde wat julle vir jul land en die natuur het".

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie