Teenkanting teen 'rebelle-aksie'
MARTIN DENTLINGER SKRYF:
Laat dit hiermee bekend wees aan al belanghebbende partye dat ek, Martin Gustav Dentlinger, hiermee verklaar en besluit dat:
Ek my individuele regte met betrekking tot die erfdeel van my oorspronklike voorgeslagte, Samuel Beukes en Maria (Marietjie) Diergaardt, getroud Angermund, en my persoonlike, doelwitte en voorneme as 'n "akte poll" soos volg uiteensit.
Wanneer ek dit doen, dan doen ek dit in ’n ekklesiastiese of kerklike verband en plaas ek dit binne die jurisdiksie van die privaatreg van die ekklesiastiese liggaamsbeleid, wat ek as die lewende liggaam van die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) definieer; ’n ekklesia wat as die liggaam van ons gemeente bestaan; ’n vereniging van doel, gewilligheid en voorneme gebaseer op die beginsels uiteengesit in ons Vaderlike Wette en ons missie en doel soos omskryf in ons geskrewe en oorgelewerde oortuigingsdokumente en uitgedrukte beginsels wat geen mensgemaakte institusie of individu kan weerlê nie, of na goeddenke kan weier soos hulle wil, omdat hulle geen gesag of stand daartoe het nie.
Ek staan in my Godgeskape lewende wese saam met daardie lidmate wat in geskrewe verklaring aan my oorhandig is.
Ek staan of val by die openbare verklarings en opofferings wat ek vrywillig gemaak het, en wat ek sonder enige vergoeding of verwagting vir erkenning van enige aard van die soewereine, privaat status, stand en kapasiteit oor vele jare betrokke by die Kapteinskantoor eerbiedig.
Ek staan by die vredesverklaring wat uit die ekklesiastiese hof onder die internasionale vredesvlag as ’n nie-vyandige, nie-gewelddadige verklaring gemaak is en die volle, gewaarborgde regte van die RBG van die president van Namibië en ander gesagsfigure eis.
Nadat ek deel van die hysing van die vredesvlag was, kan ek myself nie vereenselwig met die beplande skending van die vredesaanbod aan die bovermeldes deur ’n rebelle-aksie in die vorm van ’n hofgeding nie.
Ek kan myself nie vereenselwig met die sodanige aanwending van die gemeente se skaars hulpbronne wat in my persoonlike oortuiging 'n verkwisting daarvan is nie.
Ek vertrou dat hierdie verklaring alle spekulasie en grondelose beskuldiging sal beëindig wat leed aan my familie doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie