‘Tee troos’
Henriette Lamprecht - Hulle vergeet van die pasiënt as geheel.
“Die ou teetjie of koffie is vir pasiënte ‘n ligpunt tydens hul lang dag in ‘n hospitaal en gee tog ‘n bietjie troos in sommige gevalle.”
So sê ‘n voormalige verpleegkundige, wat dekades lank in openbare gesondheidsgeriewe diens gedoen het, oor die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se besluit om tee, koffie, sap en koekies van pasiënte se spyskaart af te haal.
“Ja, ons almal weet tee en koffie is nie nodig vir pasiënte se gesondheid nie. Maar van wanneer af word pasiënte se gesondheid slegs op fisieke aspekte beoordeel?” vra sy.
“Word daar nou vergeet van pasiënte se emosionele behoeftes waarin ons met bietjie ekstras soos ‘n koppie tee kan voorsien?”
Volgens haar word die versorging van pasiënte nie meer holisties benader nie.
“Ons het altyd gesê gehalte-versorging moenie weens finansiële beperkinge die onderspit delf nie.”
Sy sê om siek mense van tee en koffie te weerhou, tas die omgee-aspek van versorging aan.
“Wêreldwyd praat verpleegsters oor die omgee- of caring-aspek. As jy ooit die ervaring kon hê om, soos ek, ’n nag by 'n siek of hartseer pasiënt deur te bring, en jy kon hulle net 'n warm drankie aanbied, sou jy weet hoe ek oor hierdie stap wroeg!”
‘n Dokter, wat ook jare se diens in die staatsektor op sy kerfstok het, sê die afskaffing van tee en koffie kan gelyk gestel word aan “die vermindering van versorging, van verwelkoming, van omgee, van toewyding, en van die mees basiese filosofie van pleegsorg: ‘to cure sometimes, but to care always’ ”.
Hy sou graag wou sien dat leiers en bestuursliggame groter begrip van ’n siek mens se basiese menslike behoeftes toon.
“Sulke besluitneming ondermyn die beeld en verantwoordelikheid van die gesondheidsektor ten opsigte van voorsiening in pasiënte se totale behoeftes,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie