Tee gekonfiskeer wat glo Covid-19 ‘keer’
Chinese tee wat na bewering Covid-19 kan voorkom, is in Kuisebmond in Walvisbaai deur die polisie gekonfiskeer.
Volgens die hoof van misdaadondersoeke in die Erongostreek adj. Komm. Erastus Ikuyu het die goewerneur van die Erongostreek mnr. Neville André, die raadslid vir die Walvisbaaise kiesafdeling en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) se hoof mediese beampte dr. Amir Shaker vergesel van lede van die polisie ’n Chinese winkel in Kuisebmond in Walvisbaai besoek.
Hul besoek het gevolg ná ’n wenk dat onwettige tee wat glo Covid-19 voorkom hier vir N$400 aan plaaslike inwoners verkoop word.
Volgens Ikuyu het die winkeleienaar die aantyging ontken dat hy die tee aan enige inwoner verkoop het, maar het wel erken hulle (Chinese inwoners) gebruik die tee as ‘normale’ tee om hul immuniteit teen Covid-19 op te skerp.
Die polisie het 15 2020-nCov-teesakkies by die winkel, sewe by ’n huis in Walvisbaai en vier by ’n besigheid in die industriële gebied op die hawedorp gekonfiskeer.
Die gekonfiskeerde tee sal na die polisie se instituut vir forensiese wetenskap gestuur word om te bepaal of dit enige onwettige, verbode of skadelike middele bevat. Die ondersoek sal ook bepaal of die tee deur die regte kanale na Namibië ingevoer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie