Tebatso gaan see toe
Tebatso kook, maak skoon, dra drankies aan, speel liefderyk met die kinders en danksy haar lojaliteitsin, beskerm sy selfs by tye die familielede teen mekaar en teen hulself. Soos sy tereg verduidelik: “Op party maniere dink hulle ek is 'n kind, maar dit laat hulle voel hulle moet my oppas. En op party maniere dink ek hulle is kinders, en dit maak ook dat ek hulle oppas.”
As weduwee is Tebatso nie ontvanklik vir afleidings nie – haar werk en haar drie kinders is haar fokus. Sy weet wat van haar verwag word, sy ken haar “plek” en verstaan haar sosiale stand.
By die see begin haar uitkyk egter verander toe uiteenlopende mans haar pad kruis: Mies Rina se man, Boet, wat aandring daarop dat sy hom nie Baas noem nie, wat haar met ordentlikheid hanteer; Petrus, die aantreklike Xhosa-sprekende introvert wat onverwags in haar hart kruip en haar op 'n ontdekkingsreis neem wat sy gedink het haar nie meer beskore was nie en Baas Adriaan, wat haar ontsenu omdat hy haar anders hanteer as ander blanke mans en haar amper laat glo dat hy haar raaksien as mens, as vrou . . .
Die vakansiereis deur die bloekoms en daaropvolgende “wêreld” see toe verbreed aanvanklik net Tebatso se geografiese horisonne, maar weldra ontwikkel die vakansie ook in 'n selfontdekkingstog. Sy gaan om te bedien en te versorg, maar deur nuwe ervaringe, diepe vernedering en die verbreding van haar perspektiewe, is dit sy wat groei.
Tebatso se waarneminge van die see is metafories van die sosiale en politieke landskap van die 1980's met onrus, apartheidswette en kontrasterende politieke standpunte wat die botoon voer. Dit is hierdie dinamiek, asook die norme, waardes en gewoontes van daardie tyd, wat die raamwerk skep vir Tebatso se storie, waar die afbreek van versperrings, persoonlike groei en verskeie paradigma-skuiwe plaasvind.
Maya Fowler het, met titels soos Patagonië: 'n Fuga, As jy 'n ster sien verskiet en Om op eiers te dans, waarvoor sy reeds verskeie pryse gewen of kortlyste gehaal het, haarself bewys as 'n skrywer van formaat. Soos in die uitstekende The Elephant in the Room pak sy in Tebatso gaan see toe weer netelige onderwerpe aan, maar haar veelvlakkige aanslag, die goeie karakter-ontwikkeling en die saamneem van die leser op Tebatso se binnereis, maak dit 'n selfondersoekende maar genotvolle en verrykende leeservaring.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie