Te veel moedersterftes
Henriette Lamprecht
Meer as 'n 100 swanger vroue het tussen April 2015 en einde November verlede jaar in die land gesterf.
Die grootste oorsake van die 103 aangetekende sterftes is onder meer hipertensie, bloeding, swangerskapverwante sepsis, aborsie en komplikasies tydens narkose.
Indirekte oorsake hou hoofsaaklik met die hoë voorkoms van MIV/vigs in Namibië verband.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, is 191 517 lewende geboortes tussen April 2012 en Maart 2015 aangeteken.
Tydens dieselfde tydperk was daar 3 434 neonatale sterftes wat sowat 2% van die totale lewende geboortes was.
Moedersterftes was 93, wat 0,05% van die totale lewende geboortes is.
Die minister het verwys na die nasionale oorsigkomitee vir sterftes onder ma's en babas (NMPNDRC) wat verantwoordelik is vir die verskaffing van 'n oorsig van alle moeder- en neonatale sterftes.
“Dié pogings is daarop gemik om alle moontlike bydraende faktore tot die sterftes te identifiseer om 'n herhaling van voorkombare sterftes, sowel as sterftes as gevolg van dieselfde oorsake te keer,” het Haufiku gesê.
Vertragings wat geïdentifiseer is wat tot sterftes onder ma's en hul babas lei, sluit in 'n vertraging in die besluit om gesondheidsdienste te besoek weens onkunde.
'n Gebrek aan vervoer na 'n kliniek of hospitaal en die swak sosio-ekonomiese status van vroue word ook as bydraende faktore uitgesonder.
“Die beperkte deelname van die gemeenskap en veral mans, gekombineer met lang afstande en wydverspreide yl bevolking in landelike gebiede, dra daadwerklik tot die swak gebruik van gesondheidsdienste by.”
Daarmee saam is daar 'n vertraging in die ontvangs van vinnige, gepaste mediese sorg danksy 'n gebrek aan kennis en vaardighede in veral gebiede wat nie genoegsame diens ontvang nie.
“Om dit te verander is dit nodig om die beskikbaarheid, gebruik, toeganklikheid en bekostigbaarheid van kwaliteitdienste te verbeter.”
Met verwysing na gesondheidswerkers in gemeenskappe het Haufiku gesê tans is 1 646 werkers in al 14 streke van die land ontplooi.
Die behoefte om meer van dié werkers op te lei, is egter te groot. Slegs een gesondheidswerker is vir elke 1 500 inwoners beskikbaar. Opleiding in dié verband sal op 1 April weer begin.
'n Impakstudie sal in die komende finansiële jaar, in samewerking met die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef), gedoen word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie