Te veel mense wat nie hul werk doen
Te veel mense wat nie hul werk doen

Te veel mense wat nie hul werk doen

Dani Booysen
DIRK VAN ZYL SKRYF:

Regtig, mens voel minderwaardig as jy so lees en hoor wat regtig aan die gang is. Die klagtes word so baie dat ek gedink het die koerant moet 'n bylaag plaas, en dit sommer “Republikla” noem.

Regstellende aksie het definitief nou bewys dat dit verkeerd verstaan en toegepas is. Dit lyk nou meer na verkeerdgestelde, uitgestelde en afgestelde aksie. “Droom is nie die woord nie.”

Mense sê: “Ek sou nooit kon droom dat van ons hospitale en klinieke so lyk en funksioneer nie.”



'N NARE DROOM

Ek lees die briewe, SMS-boodskappe, Facebook en ander insetsels in die Republikein van 24 April 2018. Dis asof ek droom, maar ek wens ek het gedroom. Die leiers van die land kom voor soos amptenare wat nie weet wat aangaan nie.

Dit laat my dink aan die staaltjie:

Die hoofbestuurder, die afdelingsbestuurder, stasiemeester en gevolg staan op die stasie en wag vir die passasierstrein om te arriveer. Toe die trein stop, bring die stasiemeester die drywer voor die hoëlui.

Die hoofbestuurder wens die drywer geluk, gee hom 'n stewige handdruk, en sê: “Hier is vir u 'n Rolex-horlosie as geskenk, want u is die eerste drywer wat 'n passasierstrein presies op die minuut by die stasie besorg het.”

“Nee dankie," antwoord die drywer, "ek kan die geskenk nie aanvaar nie, u sien meneer, ons is presies 24 ure laat.”

So is daar weer gevalle waar die werker, saam met sy toesighouer, blind deur die lewe gaan.

Die man was 'n wa- en rytuigondersoeker en moes met 'n langsteelhamertjie teen die wiele van die waens en rytuie tik, terwyl die trein baie stadig die stasie binnekom. As daar 'n helder klank is, dan is die wiel reg, maar as daar 'n dowwe klank is, word die nommer van die wa geneem, want dan is die wiel gekraak en dit moet herstel word.

Na 40 jaar se diens tree die onder­soeker af. Daar word 'n onthaal ­gereël, dis geskenke, 'n ete en toesprake. Toe die pensioenaris 'n beurt kry om te praat, vat hy die mikrofoon en sê: “Baie dankie vir hierdie aand, en alles wat daarmee gepaard gaan, maar daar is net een ding wat ek graag vir my baas wil vra. Dis iets wat my vir baie, baie jare gepla het. Meneer, sê my waarom moes ek vir 40 jaar met die hamertjie teen die trokke se wiele slaan.”



REHOBOTH

Rehoboth se inwoners, ek het simpatie met julle. Dit lyk my die bestuur wat julle gehad het, is nie bestuurders nie, want hulle het die dorp net in trurat bestuur. My wense is dat die nuwe bestuur ook sal weet waar die eerste rat is wat die dorp vorentoe sal beweeg. Sien, dis die probleem as die dorp se tenk vol dollars is, en nie lewensbloed nie.



HOSPITALE EN KLINIEKE

Ek kom tot die gevolgtrekking dat die regering baie tevrede is met die toedrag van sake aangaande die funksionering, en toestand van die hospitale en klinieke. Lees hulle nie die koerante nie, of luister hulle nie radio nie? Dis vol klagtes van die volk. Ek vra verskoning, moontlik het hulle nog nie 'n middel ontdek vir horende doof en sienende blink nie.

Volgens die berigte is daar hospitale en klinieke wat vuil is; kakkerlakke en muise bly ook daar. Van die personeel is onbeskof, nors, onbehulpsaam, traak-my-nie-agtig, onbekwaam, en gee nie om vir die pasiënte nie.

Is dit wat die regering van die mense verwag wie vir hulle werk, as ek dit werk mag noem? Gaan lê hulle ook in daardie plekke om gesond te word? Kan mens in sulke plekke herstel?

Dit lyk tog vir my dat daar wel gelê word, maar dis net om te lê en wag vir betaaldag. U moenie daar lê nie, die lêplek is vir die sieke.

Watter kwalifikasie het hulle? Hoeveel jare het hulle nodig om die werk te leer, want die mense kla al vir baie jare?

Kyk net na een koerant, die Republikein van 20 April 2018. Lees die briewe, die SMS-boodskappe en Facebook. Word die werkers ook beskerm soos die kriminele, om weg te kom met hierdie optredes?

Is dit nie ook 'n oortreding as ek nie my werk 100% doen nie, maar 100% van my salaris verwag?

Hulle lees seker nie die koerant nie, of verstaan nie Afrikaans nie. Dis nie 'n probleem nie, die Republikein akkommodeer Engelse boodskappe.

Kyk by die hek van die staatshospitaal. Dis taxi's, stalletjies en mense wat die uitsig na die straat versper. Dié wat iets kan doen, sien dit nie.

Ek was by 'n privaat hospitaal in Walvisbaai om 'n persoon daar te besoek. Ek stap toe by 'n jong vrou verby wat op haar knieë staan, met 'n uniform en handskoene, en met 'n houer skoonmaakmiddels besig is om die vloerlyste te was. Die reuk van die middels wat sy gebruik, trek jou nader. Die netheid klou in jou verstand, en jaag jou nie weg nie.

Moenie kwaad word as ander jou op jou foute wys nie. As jy luister en verander, is dit 'n bate.

Ek vat my vrou baie na die kankerafdeling in Windhoek, by die staatshospitaal. Gaan daarheen, en gaan sit in die wagkamer. 'n Klomp van die stoele is gebreek, die aroma van die dreine hang in die lug en dwing jou om die pad te vat, maar jy bly maar, want dis pligte wat jou daar hou.

Vuil hospitale jaag jou weg. Ek het al baie gehoor mense sê vir hulle dokters: “Julle vat my nie na hierdie of daardie hospitaal toe nie.” As die mense so maklik dood in die hospitale, sal dit later nie meer 'n sanatorium wees nie, maar 'n lykshuis.

Mense wat aan skoon en netjies gewoond is, kom gou agter as iets vuil is, maar mense wat dit nie ken nie, is gelukkig in daardie omstandighede, en kan nie verstaan as die mense sê die plek is vuil nie.

'PYNSTILLERS'

Kyk na die foto in dieselfde koerant, op bladsy 5. “Polisie help skoonmaak.” Dis 'n treffer vir my. Ek dag die polisie kan nie by hulle werk uitkom nie? Hulle is te min om by alles te kom, hulle het nie vervoer nie, daar is net een by die stasie, en hy kan nie die stasie so los nie en, en, en. . . Hier het hulle sowaar kans om te help skoonmaak. Dalk is dit 'n pynstiller, want sommige sal sê: “Ons polisie is nie so sleg nie, kyk hoe help hulle.”

Ek dink die regering loop met die gedagte in hulle koppe dat die nasie werk belowe is, en nou stel hulle net aan waar reeds te veel is, en die een is in die pad van die ander, en die een wag dat die ander die werk moet doen.

Kry mense wat bekwaam is, gee elkeen sy/haar verantwoordelikheid, en dan sal die regering sien wie werk en wie nie. Die regering betaal te veel vir mense wat oortollig is.

Nog 'n staaltjie om te onthou: Die man kom by 'n hek wat toe is, en daar staan 'n klompie beeste en bulk, want hulle wil by die water kom. Dit was Saterdag.

Onder 'n boom sit 'n man, en die persoon vra vir hom wie die

eienaar van die beeste is. Hy sê toe dis van sy beeste, en daar is nog twee ander manne wat mede-eienaars is.

Die man vra toe waarom maak u nie die hek oop nie, sodat die diere by die water kan kom. Hy sê dat dit nie sy beurt is nie; sy beurt begin eers Maandag.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%