Te arm om te spaar? Diu00e9 wenke kan help
Te arm om te spaar? Diu00e9 wenke kan help

Te arm om te spaar? Dié wenke kan help

’n Kenner sê daar is áltyd maniere om nog te spaar, veral gegewe hoe maklik mense skuld maak.
William Horne – Julie is Spaarmaand, en spaartendense het nog nooit droewiger gelyk nie. Soos die meeste Suid-Afrikaners vra jy waarskynlik: “Maar spaar met watter geld?” Hier is ’n lys wenke wat jou kan help.

Die Suid-Afrikaanse Spaarinstituut (Sasi) het Woensdag in Sandton sy jaarlikse Spaarmaand-veldtog ’n ietwat verskillende veldtog bekend gestel omdat dit “noodsaaklik is dat iets nou verander”. Vanjaar is die veldtog #CrazyWaysToSave.

Prem Govender, voorsitter van Sasi, sê dis dringend nodig dat Suid-Afrikaners se spaarkultuur verbeter om hulle teen finansiële skokke te beskerm.

“Elke jaar raak dit net nog moeiliker daarbuite,” sê Govender.

“Hoe vra ons julle om te begin spaar as dit so moeilik gaan?”

Maar Govender sê daar is áltyd maniere om nog te spaar, veral gegewe hoe maklik Suid-Afrikaners skuld maak.

Volgens Sasi se jongste syfers is Suid-Afrika se huishoudelike spaarkoers nou op -0,5% van die bruto binnelandse produk – inderwaarheid dus ’n ontsparingskoers. Dit was verlede jaar Julie nog op ’n powere, maar minstens positiewe, 0,4%.

Huishoudings se skuldlas as persentasie van hul besteebare inkomste is nou gemiddeld 71,9%. Met ander woorde, vir elke R100 wat ’n gesin verdien, word byna R72 gebruik om skuld af te betaal.

Hier is die topwenke wat Sasi en sy paneel kenners Woensdag voorgestel het om Suid-Afrikaners aan die spaar te kry.

1. Kry ’n app wat als vir jou doen

Stash, ’n app wat in samewerking met Liberty ontwikkel is, help jou spaar sonder dat jy dit agterkom. Koppel jou krediet- of debietkaart en Stash sal elke dag ’n minimum van R5 in ’n Liberty- belastingvrye spaarrekening van jou keuse vir jou gooi. Verder kan jy dit ook stel dat jy meer spaar hoe meer treë jy gee of spaar as die son skyn sodat jy letterlik spaar vir ’n “reënerige dag”.

2. Laat staan daardie handelsname

Daar is genoeg modieuse plaasvervangers om jouself stylvol én billik te klee sonder dat jy spesifieke handelsname vir hul status aanskaf. Aanlyn klerewinkels het ’n baie groot verskeidenheid klere.

3. Moet nooit kruideniersware koop op ’n leë maag nie

Studies het keer op keer al gewys indien ’n mens honger inkopies gaan doen, bestee jy baie meer as wat jy beoog het. En jy koop nie groente nie, maar veel duurder lekkergoed.

4. Kanselleer die gimnasium-lidmaatskap

Indien jy nie eerlik kan sê dat jy werklik jou gimnasiumlidmaatskap ten volle benut nie, beëindig dit. En selfs al oefen jy graag, as jy geld moet bespaar, kry ’n goeie paar stap- of drafskoene.

5. Uitverkopings is “uit vir koop”

Uitverkopings spaar jou nooit geld nie, behalwe as ’n spesifieke item wat al jy letterlik beplan het om te koop, afgemerk is. En hoe gereeld gebeur dit nou rêrig? Sasi se paneel sê uitverkopings is taboe as jy spaar ernstig opneem. Stel ’n lys op van dinge wat jy regtig nodig het, en wees op die uitkyk vir uitverkopings daarop.

6. Gryp daardie gratis parkeerplek

Gryses van dae vertel graag hoe hulle myle gestap het om by die skool te kom, en ons kan ook so wees. Parkeergeld hoop vinnig op in ’n maand tot honderde rande. As jy altyd gratis parkeerplek kies, al is dit hoe ver van waar jy wil uitkom, kan jy ’n daadwerklike verskil maak aan jou kontantvloei mettertyd – en sommer ook fikser word.

7. Probeer “geriefsuitgawes” uitsny

As jy jou eie begroting gedetailleerd evalueer, sal jy self sien hoe baie van jou uitgawes eintlik slegs vir gerief is. Boaan die lys is kosaflewering pleks van self kos maak of inpak werk toe, en cappuccino’s koop pleks van jou eie fles koffie inpak.

8. Wag 7 dae

Maak ’n reël dat jy eers sewe dae sal wag voordat jy enige groot aankope doen. Dit sal help verseker jy koop nie net sodra jy iets koels sien en jouself probeer oortuig jy het dit nodig nie.

9. Volg “oumens”-raad

Sit die ligte af, kry ’n kombers vir die geiser, moenie toestelle aanlos nie. Dié soort wysheid, sê Sasi se paneel, kom uit ’n tyd toe spaarkultuur nog groot was. Om te spaar, gaan minder oor die rand en sent van elke besparing as oor die uitwerking van tyd – mettertyd is dit juis die klein goedjies wat saam die verskil maak. Deur energiegebruik by die huis werklik doeltreffend te hou, water spaarsamig te gebruik en net soveel te eet dat jy vol is, maak oor die loop van ’n jaar ’n enorme verskil aan ’n gesin se begroting.

10. Spaarvarke is nie net vir kinders nie

Dit hoef nou nie ’n werklike spaarvark te wees nie, maar soos Gerald Mwandiambira, waarnemende uitvoerende hoof van Sasi, verduidelik, ’n leë 2 liter-Coke-bottel kan R5 000 se tweerandmunte hou. Uit sy eie ervaring word só ’n bottel ook gou-gou vol deur net die ekstra munte wat ’n gesin huis toe bring aan die einde van elke dag.

11. “Nee” is ’n volsin

Om “nee” te sê, is ongelukkig deel van spaar. Kredietwaardigheid en die gemak van ’n kredietkaart benut – en só elke maand oor jou begroting te gaan – maak dit nou ’n baie groter versoeking as vantevore om ’n drankie (of drie) te gaan drink of vir die tweede keer die maand wegneempizza te bestel. Jy gaan eenvoudig moet leer “nee’ sê – vir jou vriende, vir jou kinders, en ja, vir jouself! – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%