Taxi slaan aan die brand
'n Taxi het gister omstreeks 10:30 in Windhoek aan die brand geslaan nadat dit in 'n botsing betrokke was. Luidens 'n verslag van die stadspolisie het die ongeluk op die hoek van Hendrik Witbooi- en Mandume Ndemufayorylaan plaasgevind. Niemand het in die ongeluk gesterf nie. Twee mense het ligte beserings opgedoen. Die taxi het na bewering in 'n swaar voertuig vasgery. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie