Tawwe Argentyn kom toets Executioner
Die MTC Sunshine Promosies beloof vir boksentoesiaste 'n behoorlike fees ter viering van 28 jaar van onafhanklikheid.
Andrew Poolman - Die mees gesoute teenstander nóg in sy loopbaan wag op Walter Kautondokwa in die hoofgeveg van 'n skouspel van beroepsboks op 20 Maart – die Dinsdagaand voor die Onafhanklikheid-vakansiedag.
'n Sterbelaaide lys vegters sal in aksie wees by die MTC Nestor Sunshine Promosies se bonanza by die Ramatex-kompleks deelneem. Die tema “The Legacy Fight” bring hulde aan die drie staatspresidente van die onafhanklike Namibië sedert 1990.
Vanaf drieuur die middag sal 'n allemintige lys van 14 gevegte aangebied word om boksliefhebbers te vermaak.
Dit sluit drie Namibiërs in wat hul WBO Afrika-titels op die spel plaas.
In die hoofgeveg word die vreesaanjaende plaaslike middelgewig Walter Kautondokwa voor sy grootste toets nóg gestel. “The Executioner” het tot dusver verwoesting gesaai deur feitlik elkeen van sy teenstanders vroeg-vroeg pap te slaan op pad na sy skoon beroepsrekord van 16-0 (15 uitklophoue).
Sy opponent is 'n geharde Argentyn genaamd Billi Facundo Godoy (bynaam El Niño, die Seun). Op 31 jaar is hy die jonger man en sy beroepsrekord lyk op die oog af redelik indrukwekkend. Hy spog met 36 oorwinnings (17 uitklophoue) en was tevore 'n nasionale kampioen en WBC Latyns-Amerikaanse titelhouer.
Godoy het egter vier nederlae op sy kerfstok – insluitend drie kere tussen 2013 en 2015 toe hy hom in uitklophoue vasgeloop het. Hy het sedertdien met vyf opeenvolgende seges terug op die wenpad gekom.
Kautondokwa is straks die een met die meeste om te verloor – sy onoorwonne rekord het hom tot op sy huidige vyfde posisie op die WBO wêreldranglys en binne bereik van 'n wêreldtitelgeveg gebring.
Hoewel die Argentyn nie sy WBO Afrika-gordel kan afneem nie, sal 'n nederlaag op enige manier die titel vakant maak. Dit sal ook sy droom 'n ernstige knou gee om 'n afspraak met die WBO-wêreldkampioen Billy Joe Saunders van Brittanje te beding.
VOORGEVEGTE
Die junior liggewig Jeremiah Nakathila, die WBO se nommer ses en houer van die WBO Afrika-titel, sal in die hoofvoorgeveg teen Patrick Okine van Ghana gemeet word.
Die Namibiër se rekord (14-1) weeg goed op teen die Ghanees se 19-3 (16 uitklophoue).
Namibië se weltergewig Mike Shonena het in sy laaste geveg die WBO Afrika-titel gewen en het dié week ook die goeie nuus gekry dat hy vir die eerste keer in dié beheerliggaam se top-15 gereken word. Hy plaas sy onoorwonne rekord in 11 gevegte op die spel teen Tanzanië se Idd Pialari (24-3, 17 uitklophoue).
Die belowende Harry Simon Junior (liggewig), die middelgewigte Paulinus Paulus en Max Ipinge is van die ander bekende name wat by Ramatex in aksie sal wees.
Voordat die hoofgeveg omstreeks 22:30 verwag word, sal daar ook optredes deur die gewilde musikante One Blood en Destruction Boyz wees, wie se onderskeie treffers Warakata en Omunye is.
Kaartjies vir gewone toegang beloop N$50, of N$500 as jy 'n sitplek naby aan die bokskryt wil hê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie