Tasbare voordele vir Namibiu00ebrs
Tasbare voordele vir Namibiu00ebrs

Tasbare voordele vir Namibiërs

Dani Booysen
Baie is reeds oor pres. Hage Geingob en ‘n groot afvaardiging se afgelope staatsbesoek aan China gesê.

Geingob en pres. Xi Jinping het op ‘n nuwe, omvattende strategiese vennootskap ooreengekom. Namibiërs sal hierin verskanste voordele vir die land wil sien.

Vir Namibië was ‘n verskyning op die diplomatieke verhoog baie belangrik.

Hopelik volg daar ook aksie op Xi se aanbod om groter hulp teen wildstropery te verleen.

Vandag kan nie meer met ‘n Westers getinte Koue Oorlog-bril na ‘n “Rooi” of “Geel Gevaar” gekyk word nie. Só eenvoudig is dit nie.

Risiko’s mag egter nie weens die mooi broodjies van retoriek misgekyk moet word nie. Gegewe die twee lande se uiteenlopende politieke en ekonomiese invloed, is dit aanvegbaar of op gelyke voet beding word.

China is dalk nie kolonialistiese plunderaars in die tradisionele sin van die woord nie, maar hulp sonder voorwaardes is in internasionale politiek so skaars soos hoendertande.

China het die geld en kundigheid vir groot infrastruktuurprojekte. Die regering moet egter werklike oordrag van vaardighede en tegnologie, nywerheidsontwikkeling, armoedeverligting en dies meer kwantifiseer.

Tydelike werk is beter as niks, maar arbeiders en die publiek het veelal negatiewe sienings van Chinese werkgewers. Daar moet ook groter regverdigheid met die toekenning van konstruksietenders wees – nie aan bedenklike bemagtigingsfronte nie, maar kontrakteurs wat hulself bewys het.

Alarmisme en xenofobie sal nie Namibiërs se belange beskerm nie. Samewerking met die beste moontlike voordele sal wel.

So sê ander

3 April 2018

Volksblad sê

Die tronkstraf wat Vicki Momberg vir haar rassistiese uitbarsting opgelê is, staaf die staatsaanklaer in die saak se uitspraak dat die straf ’n sterk boodskap aan alle mense van alle rassegroepe is dat die geduld met rassisme op is.

Dit dra ook implikasies vir diegene wat op sosiale media onder die waan van anonimiteit aan hul rassisme uiting gee – hetsy blatant of by wyse van sinspeling.

Om agter inkonsekwentheid te wil skuil, is soos om goedsmoeds die snelheidsperk te oortree en dan te wil skree ander jaagduiwels word nie vervolg nie.

Dit verg hartskeuse, wilsbesluit en kentering om aanspreeklikheid vir eie denke, gedrag en optrede te aanvaar.

Natuurlik moet konsekwente regsoptrede nagestreef word. Hiervoor gaan daar duidelikheid in die Suid-Afrikaanse reg oor die onderskeid tussen crimen injuria en haatspraak – waarvoor Julius Malema al verskeie kere aangegee is – nodig wees.

• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer