Tara 'n blywende strewe na beter
Tara 'n blywende strewe na beter

Tara 'n blywende strewe na beter

Tydrenne
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Vanjaar was die eerste keer dat 'n vrou aan die hoof van die organisasie van die Tara-tydren gestaan het. Vriende van dié sport het letterlik en figuurlik gesorg dat Anja Lingner (voorsitter) en die Windhoek Motorklub (WMK) opnuut die gesogte tydren laat herleef het.

Lingner, wat die voorsitterstoel met grasie gevul het, sê die sukses van die Tara sou nie gebeur het sonder die lojale ondersteuning van geswore petrolkoppe (ondersteuners en oudjaers) nie.

“Dit is nou reeds 'n hele ruk sedert die stof en gebrul van tydrenmotors gaan lê en stil geraak het. Soos almal reeds weet, het Total wat vir jare die hoofborg was, om verskeie redes onttrek en vir 'n paar maande was die finansiering 'n struikelblok vir ons. Hoewel so 'n byeenkoms geld kos, verskaf dit oneindige blootstelling aan 'n borg in die media, wat die NBC-televisie, Kosmos Radio en koerante insluit.

“Agter die skerms het ons behoorlik geswoeg en gesweet om alles in orde te kry sodat die tydren op dieselfde standaard as in die verlede aangebied kan word. Borge soos Gunite Pools (Peer Rohm), I-S Freight Services (Slamet-familie), City Clutch & Brake (Christiaan Liebenberg), Sky Investments, Griffin Plant Hire, ITR Namibia, LSS Namibia, Sirkel Motors (Llewellyn Anthony), CAM Motors, Desert Jewel Casino en Windhoek Buiteklub, Super Tyres, SatCom, Novel Motors, M+Z Motors, Chubb Fire, Kosmos 94.1 en Familie Fröhwerk het gehelp sorg dat die wiele aan die rol bly.”



NUWE ROETE GEWILD

“Dit is elke jaar 'n uitdaging om die regte roetes te vind en vanjaar kon ons daarin slaag om die Tara aan die buitewyke van Windhoek aan te bied terwyl die verste sneldeel by Aris begin en agter Omeya klaargemaak het.

“Die terugvoering van die deelnemers en publiek was positief en beslis 'n bydraende faktor, want logistiek gewys was dit net makliker vir die diensspanne. 'n Tydren soos die gewilde Tara hoef nie buite bereik van sy ondersteuners gejaag te word om 'n sukses daarvan te maak nie.

“Ongelukkig is daar op die vooraand van die byeenkoms 'n onsmaaklike hofsaak afgehandel wat die kompetisie in onsekerheid gedompel het.

“Tot drie ure voordat die eerste span by die Tony Rust-renbaan moes wegspring, was ons nie seker of ons sou voortgaan nie. Maar toe die eerste kar wegtrek, het dié deelnemers en beamptes gesorg dat alle onsmaaklikhede sommer gou vergete was en die ren is op 'n positiewe noot afgesluit.

“Dié Tara-kat het nege lewens en het dit weereens bewys: moenie 'n kat onderskat nie!” vertel die voorsitter met 'n glimlag.



SPANPOGING

Derek Jacobs, roetehoof van die 2016 Tara, sê die sukses van die Tara is deur 'n span moontlik gemaak wat geen steen onaangeroer gelaat het om die ratte van die organisasie glad te laat loop nie.

“Die sukses van die 2016 Tara moet aan sy borge toegeskryf word. Die manier hoe die borge bymekaar gekom het om die WMK te ondersteun, is eenvoudig ongelooflik! Sonder deelnemers en beamptes is 'n byeenkoms soos dié nie moontlik nie, maar borge is net so 'n groot deel van die resep as die res. Die drie kan nie sonder mekaar klaarkom nie.

“Een van die deelnemers het aan my gesê indien Total nie volgende jaar as hoofborg terugkeer nie, is hy bereid om as borg in te spring. Daar is wel gerugte dat Total weer betrokke gaan raak, maar niks is of kan nog bevestig word nie.

“Die borge is baie gelukkig met die verloop van die 2016 Tara en wat die smaak nog soeter maak, is die feit dat dit 'n dawerende sukses was. Volgende jaar sal vroeër met die reëlings begin word en met 'n paar klein verstellings aan vanjaar se korter en vinniger formaat gaan ons dit volgende jaar op die proef stel. Die Tara vier in 2018 sy 50ste bestaansjaar en dan moet alles 100 persent reg wees.

“Ek glo vas die Tara moes hierdie hou op die ken gekry het om tot nuwe insigte te kom. Dit het beslis tot verbetering gelei. Die deelnemers en toeskouers was gaande oor die korter en vinniger Tara wat vir hope toeskouers by Tony Rust gesorg het. Ek het jare laas soveel mense daar gesien, dus moes WMK iewers iets reg gedoen het,” sê Lingner ingenome.

Japie van Niekerk, 'n besoeker uit die Kaap, het vanjaar geskiedenis gemaak toe hy die byeenkoms vir die derde keer gewen het. Sy eerste twee suksesvolle pogings was in 2013 en 2014, maar verlede jaar kon hy as gevolg van meganiese probleme nie die tydren voltooi nie.

Vanjaar was Van Niekerk in sy S4-klas Ford eenvoudig te vinnig vir die plaaslike jaers en het sy Tara-kroon teruggewen.

Die organiseerders bedank ook TransNamib, die stadspolisie se verkeersafdeling asook die Paaie-owerheid vir hul insette.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.3 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.22/OZ UP +0.95% | Copper US$ 4.90/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 995.30/T UP 0.13% | Brent Crude Oil US$ 82.64/BBP DOWN -0.0064 | Platinum US$ 1 060.80/OZ UP +1.63% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.3 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.22/OZ UP +0.95% | Copper US$ 4.90/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 995.30/T UP 0.13% | Brent Crude Oil US$ 82.64/BBP DOWN -0.0064 | Platinum US$ 1 060.80/OZ UP +1.63%