Tanzaniu00eb het hulp nodig met vlugtelingkrisis
Tanzaniu00eb het hulp nodig met vlugtelingkrisis

Tanzanië het hulp nodig met vlugtelingkrisis

NAMPA
Die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldvoedselprogram (WFP) sê hy het dringend US$23,6 miljoen nodig om tot Desember in die voedselbehoeftes van sowat 320 000 vlugtelinge in die noordweste van Tanzanië te voorsien.

“Sonder die onmiddellike hulp van skenkers, sal voedselhulp nóg verder gesny moet word aangesien ons voorrade besig is om op te raak,” het Michael Dunford, die WPF se verteenwoordiger in Tanzanië, gesê.

“Vyf voedselsoorte, waaronder mieliemeel, groente-olie, sout en supergrane, word deur die WPF in die Mtendeli-, Nduta- en Nyarugusu-­vlugtelingkampe in Kigoma in die noordweste van Tanzanië aan hoofsaaklik vlugtelinge uit Burundi en die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) versprei.”

Die hoeveelhede is egter vandeesmaand verminder, wat ­ernstige gevolge soos wanvoeding en ­verhoogde vatbaarheid vir siektes tot gevolg kan hê.

Dié VN-agentskap verskaf ook warm etes aan vlugtelinge wanneer hulle daar aankom en gee ekstra voorrade aan swanger vroue en vroue wat borsvoed, asook aan pasiënte en mense met MIV/vigs.

Dokters sonder Grense (MSF) het onlangs gewaarsku dat daar ondanks die geringe stabilisering in Nyarugusu, nou 312 725 vlugtelinge in hierdie kampe woon. Humanitêre organi­sasies sukkel om voldoende skuiling, voedsel, toiletware en mediese voorrade beskikbaar te stel

David Nash, hoof van MSF in Tanzanië, sê 'n vierde kamp is dringend nodig om die vlugtelinge te huisves.

Hy het 'n beroep op alle belanghebbendes, insluitend die Tanzaniese regering en die internasionale gemeenskap, gedoen om hulpverlening te bespoedig. “Tanzanië moet nie die tuiste raak van net nóg 'n vergete vlugtelingkrisis nie,” het hy gesê.

– Nampa/ANA

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A