Tannie Hella (80) baljaar
Die kanniedoodatleet Hella Kuppe het haar aankoms in 'n nuwe ouderdomsklas behoorlik gevier toe sy Saterdagoggend drie Afrika-meestersrekords laat spat het. Tannie Hella, wat in Junie vanjaar tagtig geword het, het in die meestersklas vir vroue 80-84 jaar rekords in die spiesgooi (14.83 meter), gewigstoot (6.59 meter) en hamergooi (20.06 m) behaal. Die vorige beste merke het onderskeidelik op 11.78 m, 6.44 m, 17.04 m gestaan. In die diskusgooi (14.90 m) is haar nuwe Namibiese rekord egter nog ietwat agter die beste Afrika-merk van 15.65. Volledige uitslae van Atletiek Namibië se Grand Prix-byeenkoms is binne in Sport Wrap. Foto Arnold Huber


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie