Tam ekonomie knou selfs Herbalife en kie
William Horne
Die meer as een miljoen Suid-Afrikaners wat regstreekse verkope van produkte soos Amway en Herbalife doen, sukkel vir “die eerste keer” met verkope.
“Gewoonlik stroom mense steeds in moeilike ekonomiese tye om hulle by ons en ons maatskappye aan te sluit,” sê Cornelle van Graan, voorsitter van die Direct Sellers Association (DSA).
“Maar dinge is nou só moeilik dat ook ons die druk voel.”
Van Graan het Dinsdag op die DSA se jaarlikse resultatevoorlegging by die Gallagher-konvensiesentrum in Midrand gepraat.
Luidens DSA-statistieke was daar in 2018 23% minder mense as in 2017, naamlik 235 079, wat voltyds regstreekse verkope in Suid-Afrika gedoen het. Daar was wel meer mense wat tydelike regstreekse verkope gedoen het. Die DSA het 31 lidmaatskappye.
Die totale verkope het in 2018 sowat R12,8 miljard beloop, 5% laer as die R13,47 miljard in 2017. Dit behels 78% van alle regstreekse verkope in Afrika.
Elders op die vasteland het die DSA beduidende groei aangeteken, wat gehelp het om die gemiddelde groei vir die hele vasteland positief te hou. Die DSA beplan ook om in verskeie nuwe gebiede nuwe verenigings op die been te bring, onder meer in Ghana.
“Verbruikersvertroue in Suid-Afrika is ongekend laag,” sê Raj Parshotam, adjunkvoorsitter van die DSA.
“Vir te lank is al wat hulle kon hoor en sien hoe swak die ekonomie vaar en hulle hou hul beursies nou styf toe.”
Internasionaal vaar regstreekse verkopers nog baie goed, asook die maatskappye waarvan hulle lede en verspreiders word. Die topdrielande wêreldwyd volgens regstreekse verkope in 2018 is:
1. China – US$35,7 miljard;
2. VSA – US$35,3 miljard; en
3. Suid-Korea – US$18 miljard.
Internasionaal het totale verkope in 2018 US$192,9 miljard beloop.
Dit het in die meeste lande gegroei teenoor die 2017-verkope.
Van Graan sê die DSA se maatskappye bied steeds 'n geleentheid vir broodnodige werkskepping en entrepreneurskap, selfs in die beleërde Suid-Afrika.
Die DSA teiken deesdae die sogenaamde Generasie Z (wat min of meer ná die jaar 2000 gebore is) as lede en kliënte. Hul wye gebruik van sosiale media en die digitale ekonomie maak hulle die volmaakte pasmaats vir die DSA.
Die demografie van mense wat regstreekse verkope in Suid-Afrika doen, het reeds verander.
Tradisioneel was die grootste ouderdomsgroep (26%) diegene van 35 jaar tot 44 jaar. In 2018 het dié groep egter wesenlik verklein, terwyl die ouderdomsgroep van 18 tot 35 met meer as 2% gegroei het.
Van Graan is vol vertroue dat veral saam met die insluiting van die jeug, 2019 'n jaar van hernude groei sal wees.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie