Talle kykers gaan toegang tot kykNET verloor
Petrus Malherbe – Alle intekenare op DStv se historiese Select 1- en Select 2-pakket word op 29 Oktober na DStv Family oorgeskuif.
Volgens Benedict Maaga, senior bestuurder van korporatiewe sake, is intekenare reeds vroeër hieroor ingelig.
Select 2 was die enigste goedkoper pakket wat kykNET ingesluit het.
Intekenare van Select 2 wat nou oorgeskuif word na die Family-pakket, verloor dus hul toegang tot al kykNET se gewilde programme. kykNET sal voortaan net op DStv se duurste Premium-, en Compact Plus-pakkette beskikbaar wees.
DStv het reeds in 2013 sy Select-pakkette opgeskort en DStv Family as alternatief aangebied.
Bestaande intekenare van enige Select-pakket is egter toegelaat om daarop te bly op ’n maand-tot-maand-grondslag mits hulle vir niks meer as drie maande op 'n slag nie 'n DStv-intekenaar was nie.
Nou, ses jaar later, word alle intekenare egter oorgeskuif.
Maaga wou nie by navraag sê hoeveel intekenare hierdeur geraak word nie.
Volgens Maaga het die betaaltelevisiediens onlangs sy aanbod van pakkette heroorweeg. Die Portugese en Indiese pakkette het ook in die slag gebly. Intekenare daarvan word ook na een van DStv se oorblywende ses pakkette oorgedra.
DStv Family kos wel naastenby dieselfde as wat DStv Select tot dusver gekos het, maar dit bied toegang tot 25 meer kanale.
KykNET is egter nie een daarvan nie.
Intekenare sal wel toegang hê tot kykNET & Kie en kykNET Nou.
Een intekenaar met wie Netwerk24 gepraat het, sê sy is hewig ontsteld oor die skuif. Sy sê DStv het haar beslis nie hieroor ingelig nie.
Maaga benadruk egter dat die betrokke intekenare wel in kennis gestel is en dat hulp aangebied is om van Select na enige van DStv se ander pakkette oor te skuif.
· Die artikel is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is. Daar is verkeerdelik berig dat kykNET net op DStv se Premium-pakket beskikbaar is, hoewel dit ook op Compact Plus beskikbaar is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie