Talle graad 11’s, 12’s bly weg

’n Rede tot kommer is die voorkoms van tienerswangerskappe onder veral graad 8- en 9-leerlinge wat vir maande nie in die skool was nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Tot 23% van graad 11- en 12-leerlinge van ’n skool in Windhoek is sedert 1 September nie terug op die skoolbanke nie.

Volgens die voorsitter van die Skoolhoofdevereniging vir Sekondêre Skole en skoolhoof by die CJ Brandt Hoërskool in Wanaheda, me. Beatrice Losper, word die verskoning voorgehou dat dit nie “verpligtend” is nie.

Losper het tydens ’n gesprek op NBC oor graad 11- en 12-leerlinge se gereedheid vir die nasionale eksamens gesê hoewel die leerplan reeds voor die inperking gedek was, is hersiening nou noodsaaklik.

“Dit is ’n groot rede tot kommer. Volgens dié leerlinge het hulle op grond van die aankondiging deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur nie nodig om terug te keer skool toe nie.

“Ons het briewe aan ouers uitgestuur, maar op die ou einde is dit die leerlinge wat aan die kortste end gaan trek,” het Losper gesê.

Buiten die uitdaging om leerlinge weer terug op die skoolbanke te kry, sê Losper onderwysers is nie meer werklik gemotiveer nie.

“Hulle voel hulle het soveel moeite gedoen en ingesit en vir wat?”

Met verwysing na die uitdeel van huiswerkboeke tydens die sluiting van die skole, het Losper gesê net die “hardwerkende leerlinge” het moeite daarmee gedoen.

“Nie almal het toegang tot aanlyn onderrig, die internet en ’n slimfoon nie; dit is waarom dit noodsaaklik is dat aangesig tot aangesig onderrig voortgaan en kinders klasse bywoon,” het sy beklemtoon.

Die geestestoestand van leerlinge is ook ’n rede tot kommer, met vele wat wonder of hulle die jaar se werk sal kan inhaal. Volgens Losper was daar reeds twee moontlike selfdoodpogings by haar skool, wat nou met Lifeline/Childline saamwerk om berading aan leerlinge te bied.

Sy het ouers se gebrek aan betrokkenheid by leerlinge uitgesonder.

Nog ’n rede tot kommer is die voorkoms van tienerswangerskappe onder leerlinge wat vir maande nie in die skool was nie. Volgens Losper gebeur dit veral onder graad 8- en 9-leerlinge, met twee graad 12-leerlinge waarvan sy bewus is wat tydens die nasionale eksamen moet kraam.

“Die kommer is of daardie leerling die eksamen en die graad sal kan voltooi of nie.”

Tydens dieselfde gesprek het dr. Elizabeth Ndjendja, adjunkdirekteur in die onderwysministerie, beklemtoon eksamenvraestelle vir die nasionale graad 11- en 12-eksamens is reeds twee jaar gelede opgestel.

“Dit is opgestel voor Covid-19 en volgens ’n standaard wat ’n kwalifikasie verseker wat dieselfde is as vyf, tien jaar gelede. Dit is geensins nou ’n ‘swakker’ kwalifikasie of vraestel nie,” het Ndjendja gemaan.

Sy het beklemtoon graad 11’s en 12’s skryf nasionale eksamens en kan daarom nie bloot net toetse skryf nie. Die ou leerplan eindig ook vanjaar met die huidige graad 12-leerlinge.

Met verwysing na graad 10-leerlinge het Ndjendja gesê hulle het twee jaar om die kursus vir die nuwe leerplan te voltooi en wat in graad 11 eindig.

“Hopelik het hulle genoeg tyd om in te haal vir die eksamen wat hulle aan die einde van graad 11 skryf. Ook hier is geen verandering in terme van hul evaluering nie. Die skool sluit ook eers op 18 Desember en hopelik verbeter die situasie met betrekking tot Covid-19 dat ons nie enige verdere onderbrekings het nie,” het sy gesê.

Met verwysing na die eerste Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op Gevorderde Aanvullende Vlak (NSSCAS) wat graad 12-leerlinge vir 2021 skryf, het Ndjendja gesê dit is ’n meer gevorderde kwalifikasie, maar nie verpligtend nie.

“Graad 11’s skryf die eksamen vir die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat vir Gewone Vlak (NSSCO) en het ’n sertifikaat om skool te verlaat. Dit beperk hulle egter met wat hulle daarna wil doen.”

Sy het beklemtoon die NSSCO word internasionaal erken, wat nie die geval was met die ou graad 10-sertifikaat nie.

“Dit verseker leerlinge verlaat die skool met ’n internasionale kwalifikasie. Hulle kan gaan werk en dit bied ’n beter vastrapplek vir sekere kursusse.”

Die NSSCO word ook deur Cambridge International onderskryf.

Sou daar leerlinge wees wat vanjaar nie die paal haal nie, sê Ndendja stelsels is in plek om te verseker hulle kan as deeltydse kandidate by geregistreerde instellings soos die Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol) die eksamens herhaal.

“Vanjaar se graad 11’s en 12’s gaan nie ‘minder kennis’ of ’n swakker kwalifikasie as ander jare hê nie.”

Met verwysing na leerlinge wat tans swanger is, het Ndjendja gesê dié leerlinge sal steeds die geleentheid hê om eksamen onder “beheerde toestande en volgens die vereiste regulasies” te skryf.

Reëlings en strukture bestaan ook om te verseker enige leerling wat positief vir Covid-19 toets, kan steeds eksamen skryf.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.17/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 874.90/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 913.24/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.17/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 874.90/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 913.24/OZ DOWN -0.0029